Vlag van Paraguay

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Vlag van Paraguay
Vlag van Paraguay
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel Vlag het verskillende ontwerpe aan voor- en agterkant
Verhouding 3:5
Goedgekeur 27 November 1842
Ontwerp Drie horisontale bane van bo na onder in rooi, wit en blou met die wapenskild in die middel van die wit baan.
Wisselvormvlag van Paraguay
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel Agterkant van die vlag
Verhouding 3:5
Goedgekeur 31 Oktober 1851
Ontwerp Drie horisontale bane van bo na onder in rooi, wit en blou met die seël van die tesourie in die middel van die wit baan.

Die nasionale vlag van Paraguay is op 27 November 1842 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie horisontale bane van bo na onder in rooi, wit en blou met die wapenskild in die middel van die wit baan. Die vlag van Paraguay is die enigste nasionale vlag met verskillende embleme op die voor- en agterkante: die voorkant van die vlag toon die nasionale wapen en die agterkant die seël van die tesourie. Dit is in 2013 ten einde van ’n ontwerp nader aan die oorspronklike s’n hersien. Die vlag het ’n verhouding van 11:20.

Simboliek[wysig | wysig bron]

Die nasionale vlag van Paraguay by ’n skool in die Departamento Misiones

Die vlag is in 1842 amptelik in gebruik geneem (as gevolg van die Recomendación, i. e. : address, de la Junta gubernativa de Asunción), elke kant van hierdie driekleurvlag bestaan uit ’n horisontale driekleur met rooi, wit en blou met die nasionale wapen gesentreer op die wit baan.[1] Die embleem op die agterkant is die nasionale wapen van Paraguay: ’n geel vyfpuntige ster omring deur ’n groen palmkrans en olyftakke vasgebind met linte in die kleur van die bane, en bedek met die woorde REPUBLICA DEL PARAGUAY ("Republiek Paraguay" in Spaans), alles binne twee konsentriese sirkels).[1][2]

Die kleure van die vlag is glo geïnspireer deur dié van die vlag van Frankryk om onafhanklikheid en vryheid te vertoon, en die wapen verteenwoordig die onafhanklikheid van Paraguay. Die embleem op die agterkant is die seël van die tesourie: ’n geel leeu onder ’n rooi Frigiese mus op die top van ’n paal (wat dapperheid simboliseer) en die woordePaz y Justicia ("Vrede en Geregtigheid").[1] Die verskille van die voor- en agterkante dateer uit die tydperk toe José de Francia aan die bewind was (1814–1840).[3] Op 15 Julie 2013 is die vlag hersien. Die wapen is vereenvoudig en die ontwerp is nader aan sy oorspronklike vorm gebring.[4]

Kleure[wysig | wysig bron]

Die kleurskema word hieronder gelys:

Flag of Paraguay.svg Rooi Wit Blou
RGB 213-43-30 255-255-255 0-56-168
Heksadesimaal #d52b1eff #FFFFFF #0038a8ff
CMYK 0, 80, 86, 16 0, 0, 0, 0 100, 67, 0, 34

Ander vlae[wysig | wysig bron]

Soortgelyke vlae[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 (en) Alison Behnke (1 Augustus 2009). Paraguay in Pictures. Twenty-First Century Books. pp. 69–. ISBN 978-1-57505-962-4. 
  2. (en) Leslie Jermyn; Jui Lin Yong (1 September 2009). Paraguay. Marshall Cavendish. pp. 123–. ISBN 978-0-7614-4858-7. 
  3. (en) "Paraguay flag". World Flags 101. Besoek op 22 Maart 2019. 
  4. (en) "New Country Flags". Flags Australia. Besoek op 22 Maart 2019. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.