Vlinder

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Lepidoptera
Tydperk: 190–0 m. jaar gelede
Diverse spesies van Lepidoptera
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Arthropoda
Klas: Insecta
Subklas: Pterygota
Infraklas: Neoptera
Superorde: Endopterygota
Orde: Lepidoptera
Linnaeus, 1758
Subordes

Vlinders of skubvlerkiges (Lepidoptera) is die tweede grootste orde in die klas van insekte (Insecta). Dit sluit die skoenlappers, motte en ratsvlieërs in. Hierdie orde bestaan uit meer as 180 000 spesies[1] wat in 128 families en 47 superfamilies ingedeel word. Die orde Coleoptera (kewers) is die enigste orde wat meer spesies bevat. Die wetenskaplike naam, Lepidoptera, kom van die antieke Griekse woorde: λεπίδος (skub) en πτερόν (vlerk).

Gedaantewisseling[wysig | wysig bron]

Die spesies in die orde ondergaan 'n volledige metamorfose met vier gedaantewisselings: eiers, ruspes, papies en volwasse insekte. Die ruspes broei uit die eiers uit. Die ruspes ontwikkel dan in 'n papie waaruit die volwasse insek later te voorskyn kom. Die volwasse insek lê dan eiers om die siklus van voor af te laat begin.

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "The Lepidoptera Taxome Project Draft Proposals and Information". Centre for Ecology and Evolution, University College London. Verkry op 2007-03-05. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]