Wikipedia:Onsuksesvolle voorbladnominasies/2014

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Argief Hierdie bladsy dien as 'n argief van ou besprekings. Moenie die inhoud van hierdie bladsy wysig nie. Indien u 'n nuwe bespreking wil begin, of by een van die oues hieronder wil aansluit, doen asseblief so voort op die huidige besprekingsblad.


Proteas

Sperdatum:
7 Maart 2014
  • Symbol support vote.svg Ondersteun - Artikel wat deur 'n anonieme gebruiker begin is (hmm, wonder wie dit kon wees?). Dit kort nog bietjie lyf, maar is 'n goeie kandidaat vir ons voorblad. Frank (kontak) 15:32, 7 Februarie 2014 (UTC)
  • Symbol oppose vote.svg Gekant - Jammer, maar eers ná 'n groot uitbreiding. Geskiedenis, spelers en wedstryde is nie genoeg nie. Vergelyk dit asb. met voorbladsters soos Springbokke en All Blacks. Groete. -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 18:56, 7 Februarie 2014 (UTC)
  • Symbol support vote.svg Ondersteun - Artikel kort nog 'n paar paragrawe, maar is 'n goeie kandidaat vir ons voorblad, aangesien die Proteas vanaf 12 Februarie weer 'n reeks toetswedstryde teen Australië speel. Aliwal2012 (kontak) 19:58, 7 Februarie 2014 (UTC)
  • Symbol oppose vote.svg Gekant - Dit sou gaaf wees om 'n lang artikel oor die geskiedenis van die Proteas te sien. Die huidige saadjie voldoen nie eers aan ons kriteria vir 'n voorbladartikel nie. --Voyageur (kontak) 21:05, 7 Februarie 2014 (UTC)
  • Symbol oppose vote.svg Gekant – Dit gaan meer as 'n paar paragrawe verg om dié artikel voorblad-materiaal te maak. Morne (kontak) 22:23, 8 Februarie 2014 (UTC)
  • Symbol oppose vote.svg Gekant - Geskiedenis is sekerlik meer as twee paragrawe? Huidige protea spelers kan sekerlik volledige spanlys bevat indien al die fotos nie beskikbaar is nie. Artikel is heeltemal te yl om voorblad tans te haal. Arno (kontak) 09:05, 17 Februarie 2014 (UTC)

Perm-Trias-uitwissing

Sperdatum:
10 Maart 2014

* Symbol support vote.svg Ondersteun – Mooi artikel oor 'n interessante feit van Winstonza. -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 16:45, 10 Februarie 2014 (UTC)

  • Symbol support vote.svg OndersteunFrank (kontak) 17:05, 16 Februarie 2014 (UTC)
  • Symbol oppose vote.svg Gekant - Kryt-Paleogeen-uitwissing is beter artikel vir voorblad. Twee van hierdie tipe artikels kort op mekaar is nie goed vir verskeidenheid op voorblad nie. Arno (kontak) 09:10, 17 Februarie 2014 (UTC)
  • Jammer, maar Arno is reg. Groete. -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 20:40, 23 Maart 2014 (UTC)