Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/29 Maart
Voorkoms
29 Maart: Boganda-dag in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (1959); Marteldag in Madagaskar (1947).
- 1461 – In die Koninkryk van Engeland behaal troepe van die Huis van York 'n oorwinning oor die Huis van Lancaster in die Slag van Towton, die grootste veldslag in die Rose-oorlog tot in daardie stadium.
- 1638 – Sweedse setlaars stig Nieu-Swede naby Delaware-baai, die eerste Sweedse kolonie in die Amerikas.
- 1807 – Heinrich Wilhelm Olbers ontdek die asteroïde 4 Vesta naby Jupiter se wentelbaan.
- 2004 – Bulgarye, Estland, Letland, Litaue, Roemenië, Slowakye en Slowenië sluit by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) aan.
- 2004 – Die Republiek van Ierland word die eerste land wat rook in alle werksplekke verbied, insluitend kroeë en restaurante.