Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/2 Maart
Voorkoms
2 Maart: Onafhanklikheidsdag in Marokko (1956)
- 1808 – Helsinki word tydens die Russies-Sweedse Oorlog deur Russiese troepe verower, wat daartoe lei dat Swede in 1809 gedwing word om Finland aan Rusland af te staan.
- 1836 – Texaanse Onafhanklikheidsoorlog: Die Republiek van Texas verklaar sy onafhanklikheid van Meksiko.
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Die Australiese en Amerikaanse Lugmagte val 'n groot konvooi van die Japannese Keiserlike Vloot onderweg na Nieu-Guinee aan.
- 1946 – Hồ Chí Minh word President van Noord-Viëtnam. Ná die oorlog is Saigon na Ho Chi Minh-stad hernoem.
- 1998 – Water word ontdek op Europa, 'n maan van die planeet Jupiter.