Zhou Guanyu

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Zhou Guanyu
Zhou in 2019
Zhou in 2019
Geboortedatum 30 Mei 1999 (1999-05-30) (23 jaar oud)
Geboorteplek Shanghai, China
Nasionaliteit
Ou span(ne) Prema Theodore Racing
Motopark
Span in 2020 UNI-Virtuosi
Span in 2021 UNI-Virtuosi
Span in 2022 Alfa Romeo-Ferrari
Motornommer 24
Inskrywings 22 (22 begin)
Kampioenskappe F3 Asiatiese Kampioenskap
FIA Europese Formule 3 2016-18
Toyota Racing Series
Italiaanse F4 Kampioenskap
ADAC Formule 4
Oorwinnings 0
Podiums 0
Loopbaanpunte 6
Voorste wegspronge 0
Vinnigste rondtes 1
Eerste F1-wedren 2022 Bahreinse Grand Prix
Laaste inskrywing 2022 Aboe Dhabi Grand Prix
Laaste seisoen 2022
Verlede jaar plek 18de (6 punte)

Zhou Guanyu (Chinees: 周冠宇; pinyin: Zhōu Guànyǔ; gebore 30 Mei 1999) is 'n Chinese beroepsrenjaer wat deel is van die Alfa Romeo-fabriekspan vir die 2022 Formule Een-wêreldkampioenskap. Hy was 'n lid van die Ferrari-bestuurdersakademie van 2014 tot 2018, en was die ontwikkelingsbestuurder vir die Formule E-span DS Techeetah in 2018, en het in 2020 en 2021 vir UNI-Virtuosi Racing aan Formule Twee deelgeneem[1][2][3]

Guanyu se loopbaan as beroepsrenjaer het in 2015 begin, toe hy deelgeneem het aan die Italiaanse F4 en die ADAC Formule 4-kampioenskappe onder Prema Racing. In 2016 ry hy onder Motopark in the Europese Formule 3-kampioenskap,[4] en dan weer vir Prema Racing in 2017 en 2018.[5]

Loopbaan[wysig | wysig bron]

Knortjorre[wysig | wysig bron]

Guanyu het met knortjorre (karting) begin toe hy 8 jaar oud was in China, maar in 2012 verhuis hy na die Verenigde Koninkryk om 'n meer mededingende omgewing te ervaar. In 2013 het hy vir die Sheffield-gebaseerde Strawberry Racing-span gejaag, waar hy in die Super 1 Nasionale Rotax Max Juniorkampioenskap meegeding het en 'n eerste plek behaal het[6] en Rotax Max Euro Challenge waar hy ook 'n eerste plek behaal het.[7] In sy laaste jaar met knortjorre, het Zhou 'n tweede plek in die Rotax Max Senior Euro-uitdaag behaal en in die WSK Kampioenskapsbeker en die KF2 Europese Kampioenskap deelgeneem.

Formule 4[wysig | wysig bron]

Guanyu het by Prema Theodore Racing aangesluit vir die 2015 Italiaanse F4-kampioenskap, waar hy 'n algehele tweede plek behaal het.

FIA Formule 3 Europese Kampioenskap[wysig | wysig bron]

Guanyu het by Motopark aangesluit vir die 2016 FIA Formule 3 Europese Kampioenskap waar hy 'n algehele 13de plek behaal het. Hy het in sy tweede Formule 3-seisoen weer by Prema Theodore Racing aangesluit en behaal 'n 8ste plek.[8] Hy bly vir 'n derde seisoen in Formule 3 en ry steeds vir Prema, waar hy weer 'n 8ste plek behaal.[9]

FIA Formule 2[wysig | wysig bron]

Guanyu sluit aan by UNI-Virtuosi Racing saam met Luca Ghiotto vir die 2019 Formule 2-kampioenskap.[10][11] Hy behaal 'n 7de plek en ontvang die Anthoine Hubert toekenning. Zhou bly by UNI-Virtuosi Racing vir die 2020-seisoen waar hy sy tweede Formule 2 voorste- wegsprongplek behaal by die Red Bull Ring,[12] maar as gevolg van elektroniese probleme eindig hy die wedren in die 17de plek.[13] Later in die jaar wen hy sy eerste Formule 2-ren in Sochi.[14] Teen die einde van 2020 neem hy die 6de plek algeheel in. Hy begin die 2021-seisoen met UNI-Virtuosi en wen sy eerste resies in Bahrain.[15]

Formule 1[wysig | wysig bron]

In 2014 sluit Guanyu by die Ferrari-bestuurdersakademie aan terwyl hy ook besig bly met knortjorre.[16] Hy was 'n lid van die Akademie tot die einde van 2018. In 2019, sluit hy by die Renault Sportakademie aan en tree op as 'n ontwikkelingsbestuurder vir die Renault Formule Een-span.[17] In 2020 word Zhou bevorder na toetsbestuurder vir die Renault Formule Een-span.[18]

Alfa Romeo (2022–)[wysig | wysig bron]

Op 16 November 2021 is Guanyu gekontrakteer om by Alfa Romeo aan te sluit vir die 2022 Formule Een-seisoen, waar hy saam met Valtteri Bottas as spanmaat deelneem.[19] Hy is China se eerste Formule Eenbestuurder, in 'n persverklaring sê Guanyu dat hy "goed voorbereid is vir die enorme uidaging van Formule Een" en dat sy toetrede tot Formule Een 'n "deurbraak vir Chinese motorsportgeskiedenis" is.[20]

Formule Een-uitslae[wysig | wysig bron]

Jaar Inskrywer O/stel Enjin 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 Plek Pte
2022 Alfa Romeo Racing Alfa Romeo C42 Ferrari 065/066 V6 BHR
10
SAU
11
AUS
11
EMI
15
MIA
DNF
ESP
DNF
MON
16
AZE
DNF
KAN
8
GBR
DNF
OOS
14
FRA
16
HON
13
BEL
14
NED
16
ITA
10
SIN
DNF
JPN
16S
VSA
12
MXS
13
SAP
12
ABU
12
18de 6
Jaar Inskrywer O/stel Enjin 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 Plek Pte

* Seisoen nog aan die gang.

Knortjor-loopbaanrekord[wysig | wysig bron]

Seisoen Reeks Span Posisie
2010 Kartmasters British Grand Prix — Rotax Mini Max 14de
2011 Trent Valley Kart Club — Mini Max 10de
2012 Kartmasters British Grand Prix — Rotax Junior Strawberry Racing 6de
Super 1 National Kart Championships — Rotax Mini Max 4de
Rotax Max Euro Challenge — Junior Strawberry Racing 8ste
Rotax International Open — Junior 6de
Rotax Max Challenge Grand Finals — Junior RPM Racing Team 8ste
2013 Rotax Max Wintercup — Rotax Max Junior Strawberry Racing 2de
Super 1 National Kart Championships — Rotax Max Junior 1ste
Rotax Max Euro Challenge — Junior 1ste
Rotax International Open — Junior 3de
Rotax Max Challenge Grand Finals — Junior 3de
2014 Rotax Max Wintercup — Rotax Max Senior Strawberry Racing 2de
Rotax Max Euro Challenge — Senior 2de
Rotax Max Challenge Grand Finals — Senior 16de
South Garda Winter Cup — KF 12de
WSK Champions Cup — KF 32ste
WSK Super Master Series — KF 27ste
CIK-FIA European Championship — KF 44ste
CIK-FIA World Championship — KF NC

Renmotorrekord[wysig | wysig bron]

Seisoen Reeks Span Resies Wenne Voor Wegspronge V/Rondtes Podiums Punte Plek
2015 Italian F4-kampioenskap Prema Powerteam 21 3 2 0 9 223 2de
ADAC Formule 4-kampioenskap 9 0 0 0 2 45 15de
2016 2016 FIA Formule 3 Europese kampioenskap Motopark 30 0 0 0 2 101 13de
2016 Formule 3 Meesters 1 0 0 1 0 N/A 16de
2016 Macau Grand Prix 1 0 0 0 0 N/A 15de
2016 Toyota Racing Series M2 Competition 15 1 0 1 4 685 6de
2017 2017 FIA Formule 3 Europese kampioenskap Prema Powerteam 30 0 0 0 5 149 8ste
2017 Macau Grand Prix 1 0 0 0 0 N/A 8ste
2017–18 2017–18 Formule E kampioenskap Techeetah Ontwikkelingsbestuurder
2018 2018 FIA Formule 3 Europese kampioenskap Prema Theodore Racing 30 2 3 1 6 203 8ste
2018 Macau Grand Prix SJM Theodore Racing by Prema 1 0 0 0 0 N/A 11de
2019 2019 FIA Formule 2 kampioenskap UNI-Virtuosi Racing 22 0 1 2 5 140 7de
2020 2020 FIA Formule 2 kampioenskap UNI-Virtuosi Racing 24 1 1 4 6 151.5 6de
2020 Formule Een Wêreldkampioenskap Renault DP World F1 Span Toetsbestuurder
2021 2021 FIA Formule 2 kampioenskap UNI-Virtuosi Racing 17 3 1 1 7 142 2de
2021 F3 Asiatiese kampioenskap Abu Dhabi Racing by Prema 15 4 5 5 11 257 1ste
2021 Formule Een Wêreldkampioenskap Alpine F1 Span Toetsbestuurder

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. https://www.renaultsport.com/guanyu-zhou-joins-the-renault-sport-academy-for-2019-and-takes-on-f1.html
  2. https://www.formula1.com/en/latest/article.breaking-alfa-romeo-announce-guanyu-zhou-as-valtteri-bottass-team-mate-for.3FGtpRMOhG1qZ4Qinr8ky6.html
  3. https://www.fiaformulae.com/en/news/2018/april/zhou-guanyu-joins-techeetah-as-a-development-driver/
  4. https://web.archive.org/web/20160216092327/http://www.gpupdate.net/en/f3-news/335493/ferrari-protege-zhou-joins-motopark-in-f3/
  5. http://www.motorsport.com/eurof3/news/zhou-switches-to-prema-for-sophomore-f3-season-858756/
  6. https://www.driverdb.com/championships/standings/super-1-national-rotax-max-junior/2013/
  7. https://www.driverdb.com/championships/standings/rotax-max-euro-challenge---junior/2013/
  8. https://us10.campaign-archive.com/?u=bb292528f42b91c80f87ee84b&id=3881df3a32
  9. https://www.motorsport.com/eurof3/news/zhou-sticks-with-prema-for-third-f3-season-995002/
  10. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2019. Besoek op 16 November 2021.
  11. https://formulascout.com/guan-yu-zhou-steps-up-to-f2-with-uni-virtuosi/46872
  12. https://www.gptoday.net/en/news/f1/256287/qualifying-zhou-storms-to-feature-race-pole-ahead-of-drugovich
  13. https://www.autosport.com/f2/news/150341/ilott-leads-ferrari-123-to-win-austria-f2-feature
  14. https://www.fiaformula2.com/Latest/3WQLtRL4O83yfysAwvsXnL/zhou-grabs-first-f2-win-as-ghiotto-and-aitken-crash-ends-sochi-sprint-race
  15. https://www.fiaformula2.com/Latest/2KxPFaIoNmlPKIuqbLYL0l/feature-race-zhou-fights-to-first-feature-race-win-with-inspired-performance
  16. http://www.formulascout.com/chinese-karter-guanyu-zhou-joins-ferrari-driver-academy/18772
  17. https://www.formula1.com/en/latest/article.chinese-youngster-guanyu-zhou-joins-renault-as-development-driver.2ICXOWBW0NZLtaYQTOzIKX.html
  18. https://www.formula1.com/en/latest/article.chinese-driver-guanyu-zhou-takes-step-towards-f1-with-renault-test-role.25vCCv1KF4BDYgbEsbx3rg.html
  19. https://formulascout.com/chinas-guanyu-zhou-to-race-for-alfa-romeo-in-f1-in-2022/86684
  20. https://www.sauber-group.com/motorsport/f1-news/enter-the-dragon-guanyu-zhou-joins-alfa-romeo-racing-orlen-for-2022/