Agulhas Nasionale Park

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Agulhas Nasionale Park
Die vuurtoring van Agulhas
Die vuurtoring van Agulhas
Land Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Naaste dorp L'Agulhas
Ligging van Agulhas Nasionale Park op 'n kaart (Wes-Kaap)
Agulhas Nasionale Park
Agulhas Nasionale Park
Koördinate: 34°50′0″S 20°0′0″O Koördinate: 34°50′0″S 20°0′0″O
Oppervlak 20 959 ha
Openingsjaar 14 September 1998
Bestuursliggaam SANParke
Webblad Agulhas Nasionale Park
Gedenkplaat in die park.

Die Agulhas Nasionale Park is geleë op die mees suidelike punt in Afrika, by Kaap Agulhas. Twee kusdorpe, L'Agulhas en Struisbaai is naby die park geleë. Die park is een van die kleinste in Suid-Afrika en beslaan slegs die gedeeltes rondom Kaap Agulhas. Desnieteenstaande bied die park huisvesting aan 2000 inheemse plantspesies, asook 'n vleiland wat beide voëls en amfibieë beskerm.[1].

Die volgende besienswaardighede word in die park aangetref:

  • Die mees suidelikste punt in Afrika: 34° 49’ 58" suid en 20° 00’ 12’’ oos. Dit is by hierdie punt waar die Indiese en Atlantiese Oseane amptelik bymekaarkom.
  • Die vuurtoring by Kaap Agulhas: dit is gebou om die eertydse ontdekkingsreisigers en handelskepe om die onstuimige see by Agulhas te laat verbyvaar. Die vuurtoring is die tweede oudste werkende vuurtoring in Suid-Afrika. 'n Unieke vuurtoring museum word binne aangetref.
  • Skeepswrakke: verskeie skepe, ondermeer De Zoetendal, HMS Birkenhead en HMS Arniston het by of naby Kaap Agulhas op die rotse geloop. Dele van hierdie wrakke is by Bredasdorp se Skeepswrakmuseum te sien.
  • Fynbos: honderde soorte inheemse fynbos word hier aangetref.
  • Walvisbesigtiging in seisoen - November tot Januariemaand.
  • Diere ter besigtiging sluit in: Suidelike noorkapper, Swarttobie, Damarasterretjie en die Kaapse platanna.

Verwysings[wysig]

  1. Agulhas National Park: Park Management Plan 2009 – 2013”. Suid-Afrikaanse Nasionale Parke: 24 Februarie 2009. URL besoek op 13 Februarie 2010.

Eksterne skakels[wysig]