Clovis I

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Clovis)
Spring na: navigasie, soek
Clovis I
Koning van die Franke
CLOVISRoydeFrance.JPG
Munt met portret van Clovis (nie eietyds nie).
Bewind 481 - 511
Ander titels Koning van die Ripuariese Franke
Gebore c. 466
Gesterf 27 November 511
Voorganger Childeric I
Opvolger Reims:
Theuderik I
Parys:
Childebert I
Orléans:
Chlodomer
Soissons:
Chlotarius I
Vader Childeric I
Moeder Basena van Thüringen

Clovis I (c. 466 – 27 November 511) was die eerste Koning van die Franke wat al die Frankiese stamme onder een heerser verenig het. Hy het sy vader Childeric I in 481 opgevolg[1] as Koning van die Saliese Franke, een van die Frankiese stamme wat op daardie stadium in die benede Rynrivier omgewing gewoon het, met Doornik en Kameryk as middelpunt, langs die moderne grens tussen Frankryk en België, in 'n gebied wat as Toxandria bekendgestaan het. Clovis het die naburige Frankiese stamme verower en hom tot met sy dood as alleenheerser gevestig.

Hy het hom tot Rooms-Katolisisme, teenoor Arianisme wat algemeen onder die Germane beoefen is, onder aanmoediging van sy vrou, die Boergondiër Clotilda, 'n Katoliek. Hy is in die Katedraal van Reims gedoop, soos wat die geval vir meeste Franse konings sou wees. Die daad was van geweldige belang vir die geskiedenis van Frankryk en Wes-Europa in die algemeen aangesien Clovis sy heerskappy oor die grootste deel van die ou Romeinse provinsie Gallië (rofweg moderne Frankryk) uitgebrei het. Clovis word beskou as die stigter van beide Frankryk (wat sterk ooreenkom met sy staat teen sy afsterwe) en die Merovingiese dinastie wat vir die volgende twee eeu oor die Franke geheers het.

Naam[wysig]

Clovis se naam word in primêre bronne op aantal verskillende maniere gespel: Die Frankiese vorm Chlodovech is gelatiniseer as Chlodovechus, vanwaar die Latynse naam Clovis afgelei is. Dit het weer ontwikkel tot die Franse naam Louis.

Die naam beklee 'n prominente in die geskiedenis na Clovis I. Drie ander Merovingiese Konings is Clovis genoem en nege Karolingiese heersers en dertien ander Franse konings en een Heilige Romeinse Keiser is Louis genoem. Byna elke taal met 'n Europese taal het sy eie spelling vir die naam ontwikkel. Louis in Frans, "Chlodwig" en Ludwig in Duits, Lodewijk in Nederlands met die Afrikaanse vorm Lodewyk en Lewis in Engels is net 'n paar voorbeelde van die meer as 100 moontlike variasies.

Vakkundiges verskil oor die betekenis van die naam Clovis. Chlodovech bestaan uit die Germaanse wortels Chlod- en -vech, wat gewoonlik geassosieer word met gloei- en -soldaat. Sy naam kon dus moontlik beteken het "roemryke vegter".

Frankiese konsolidasie[wysig]

In 486 het Clovis Syagrius, die laaste Romeinse amptenaar in noordelike Gallië, wat oor die gebied om Soissons in die hedendaagse Picardie regeer het, met die ondersteuning van Ragnachar verslaan.[2] In die Slag van Soissons is Frankiese heerskappy uitgeberie om die gootste deel van die gebied nood van Lotaringe in te sluit. Daarna het Clovis 'n alliansie met die Oos-Gote gesluit deur die huwelik van sy suster Audofleda aan die koning Theodoric die Grote. Die oorwinning is opgevolg met nog een in 491 oor 'n klein groep Thuringiane oos van sy gebiede. Later het hy met die samewerking van ander Frankiese onderkonings die Alamanni in die Slag van Tolbiac verslaan. Hy het te vore in 493 met die Boergondiese prinses Clotilde getrou en na sy oorwinning by Tolbiac het hy na haar, tradisioneel geskat as in 496, Drie-enige Katolieke geloof verander. Dit was 'n belangrike verandering weg van die ander Germaanse konings soos die Wes-Gote en Vandale wat aanhangers van die alternatiewe Ariaanse gellof was.

Katolieke Koning[wysig]

Merowingiese Konings
Konings van al die Franke
Konings van Neustrië
Konings van Austrasië
Chlodio
Merovech
Childeric I ? -481
Clovis I 481 - 511
Childebert I 511-558
Chlothar I 511-561
Chlodomer 511-524
  Theuderic I 511-534
    Theudebert I 534-548
    Theudebald 548-555
Chlothar I 558-561
  Charibert I 561-567
  Chilperic I 561-584
    Chlothar II 584-629
  Guntram 561-592
    Childebert II 592-595
    Theuderic II 595-613
    Sigebert II 613
  Sigebert I 561-575
    Childebert II 575-595
    Theudebert II 595-612
    Theuderic II 612-613
    Sigebert II 613
Chlothar II 613-629
  Dagobert I 623-629
Dagobert I 629-639
  Charibert II 629-632
    Chilperic 632
  Clovis II 639-658
    Chlothar III 658-673
    Theuderic III 673
    Childeric II 673-675
    Theuderic III 675-691
  Sigebert III 634-656
     Childebert the Adopted      656-661
    Chlothar III 661-662
     Childeric II 662-675
     Clovis III 675-676
     Dagobert II 676-679
Theuderic III 679-691
Clovis IV 691-695
Childebert III 695-711
Dagobert III 711-715
Chilperic II 715-720
  Chlothar IV 717-720
Theuderic IV 721-737
Childeric III 743-751
Sint Remigius doop Clovis.

Die bekering van Clovis tot Katolieke Christendom, die geloof van die die meerderheid van sy onderdane, het moontlik gehelp om die bande tussen sy Romeinse onderdane, gelei deur katolieke biskoppe, en hulle Germaanse veroweraars te versterk. Sy bekering van Frankiese paganisme het hom egter moontlik van ander Frankiese onderkoning te vervreem wat sy militêre posisie oordie volgende aantal jare verswak het. [3].

Verowering van Gallië[wysig]

Hoewel hy in die jaar 500 in 'n slag in Dijon teen die Boergondiërs geveg het kon hy nie daarin kon slaag om hulle te onderwerp nie. Dit blyk dat hy daarna die ondersteuning van die Arverniane bewerkstellig het. Saam met hulle het hy die Wes-Gotiese koninkryk van Toulouse in die Slag van Vouillé in 507 verower, wat die Wes-Gote tot Spanje beperk het en die grootste deel van Akwitanië tot Clovis se koninkryk toegevoeg het.[2] Hy het hierna Parys as sy hoofstad gevestig,[2] daar 'n abdy opgedra aan Sint Petrus en Sint Paulus aan die suidelike oewer van die Seine opgerig. Al wat vandag van die abdy oorbly is Tour Clovis, 'n Romaanse toring in die grounds van die gesogte Lycée Henri IV, net oos van die Panthéon. Die abdy is later na Parys se beskermheilige Geneviève vernoem. Dit is in 1802 gesloop.

Volgens Gregorius van Tours het die Bisantynse keiser Anastasius I na die slag van Vouillé die titel konsul toegeken. Aangesien Clovis se naam nie op die lys van konsuls verskyn nie, was dit waarskynlik 'n Consul suffectus, 'n konsul wat nie aan die begin van die jaar aangestel is nie. Gregorius het ook stelselmatige opnames gemaak van Clovis se veldtogte om ander Frankiese reguli of onderkonings te elimineer na sy oorwinning in Vouillé. Die onderkonings waarteen Clovis geveg het sluit in Sigobert die Lamme en sy seun Chlodoric die Parasiet; Chararic, nog 'n koning van die Saliese Franke; Ragnachar van Cambrai, sy broer Ricchar, en hulle broer Rignomer van Le Mans.

Kort voor sy dood het Clovis 'n sinode van Galliese biskoppe in Orléans byeengeroep om die kerk te hervorm en 'n sterk band tussen die Kroon en die Katolieke biskopskap te vestig. Dit was die eerste raad van Orléans.

Dood en Opvolging[wysig]

Clovis I het in 511 gesterf in die Saint Denis Basilika, in Parys, Frankryk begrawe terwyl sy vader saam met ander Merovingiese konings in Tournai begrawe is. Met sy afsterwe is sy koninkryk verdeel tussen sy vier seuns: Theuderic, Chlodomer, Childebert, en Clotaire. Die verdeling het nuwe politieke eenhede geskep in die vorm van die Koninkryke van Reims, Orléans, Parys en Soissons. Dit het ook 'n tydperk van onenigheid ingelei wat, behalwe vir kort tussenposes sou voortduur tot die einde van Clivis se Merovingiese dinastie in 751.

Nalatingskap[wysig]

Clovis se nalatingskap word algemeen gesien as gegrond op drie groot dade: sy vereniging van die Frankiese nasie, sy verowering van Galliëen sy bekering tot Rooms-Katolisisme. Deur die eerste daad het hy sy volk se invloed in breër aangeleenthede verseker; iets wat nie een van die ander onderkonings kon reg kry nie. Met die tweede daad het hy die grondslag gelê vir 'n latere nasie-staat: Frankryk. Ten slotte het hy met die derde daad homself 'n bondgenoot van die pousskap gemaak en daarmee die beskerming van die kerk vir hom en sy mense bewerkstellig.

Die verdeling van sy koninkryk na sy dood langs nuwe grense met geen geografiese betekenis, hoofsaaklik om gelyke inkomste onder sy seuns te verseker, het tot baie interne verdeeldheid in Gallië gelei en uiteindelik bygedra tot die val van sy dinastie.[4] Clovis het wel aan sy erfgename die ondersteuning van sy mense en die kerk nagelaat en toe die magnate van die koningshuis wou ontslae raak moes hulle eers die pous se goedkeuring kry.

Verwysings[wysig]

  1. Die datum word bepaal deur deur terg te tel van die Slag van of Tolbiac, wat Gregorius van Tours in die vyftiende jaar van Clovis se bewind plaas.
  2. 2,0 2,1 2,2 Iron Age Braumeisters of the Teutonic Forests”. BeerAdvocate. URL besoek op 2006-06-02.
  3. Daly, William M. Daly, "Clovis: How Barbaric, How Pagan?" Speculum 69.3 (July 1994, pp. 619-664
  4. The Rise of the Carolingians or the Decline of the Merovingians? (pdf)
Voorafgegaan deur:
Childeric I
Koning van die Saliese Franke
481511
Opgevolg deur:
Childebert I