David Cameron

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
David Cameron
David Cameron

Ampsbekleër
Ampsaanvaarding
11 Mei 2010
Vise Nick Clegg
Monarg Elizabeth II
Voorafgegaan deur Gordon Brown

Minister vir die Staatsdiens
Ampsbekleër
Ampsaanvaarding
11 Mei 2010
Monarg Elizabeth II
Eerste Minister Homself
Voorafgegaan deur Tom Watson (as Minister vir digitale betrokkenheid en Staatsdiens-sake)

Leier van die Opposisie
Ampstermyn
6 Desember 2005 – 11 Mei 2010
Monarg Elizabeth II
Eerste Minister Tony Blair
Gordon Brown
Voorafgegaan deur Michael Howard
Opgevolg deur Harriet Harman

Leier van die Konserwatiewe Party
Ampsbekleër
Ampsaanvaarding
6 Desember 2005
Voorafgegaan deur Michael Howard

Skadu-Staatsekretaris vir Onderwys en Vaardighede
Ampstermyn
6 Mei 2005 – 6 Desember 2005
Voorafgegaan deur Tim Yeo
Opgevolg deur David Willetts

Lid van die Parlement vir Witney
Ampsbekleër
Ampsaanvaarding
7 Junie 2001
Voorafgegaan deur Shaun Woodward

Persoonlike besonderhede
Geboorte 9 Oktober 1966 (1966-10-09) (48 jaar oud)
Londen, Engeland, Verenigde Koninkryk
Politieke party Konserwatiewe Party
Eggenoot/eggenote Samantha Sheffield
Kind(ers) 4
Alma Mater Eton College
Brasenose College, Oxford
Religie Kerk van Engeland

David William Donald Cameron (* 9 Oktober 1966 in Londen) is 'n Britse politikus en sedert 11 Mei 2010 die Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk. Serdert 6 Desember 2005 is hy leier van die Konserwatiewe Party en sedert 2001 'n lid van die Parlement en verteenwoordig die kiesafdeling Witney in Oxfordshire.

David Cameron het filosofie, politiek en ekonomie by die Universiteit van Oxford se Brasenose-kollege gestudeer waar hy in 1988 'n eersteklasgraad verwerf het. Hy word beskou as 'n moderne liberale lid van die Konserwatiewe Party.

In 1997 het hy in die kiesafdeling Stafford vir die eerste keer as Euro-skeptiese konserwatiewe kandidaat vir die Britse Laerhuis gestaan. Maar eers in die algemene verkiesing van 2001 het hy daarin geslaag om 'n setel te verower, hierdie keer in die kiesafdeling Witney. Twee jaar later is hy bevorder tot die amptelike opposisie se parlementêre voorbank. Hy het vinnig in sy politieke loopbaan gevorder en is gedurende die verkiesingsveldtog van 2005 en 2006 as hoof van beleidskoördinasie van die Konserwatiewe Party benoem. Sy publieke beeld van 'n jeugdige en gematigde kandidaat, wat veral by jong kiesers aanklank gevind het, het bygedra tot sy verkiesing as partyleier in 2005.

In die algemene verkiesing, wat op 6 Mei 2010 gehou is, het die Konserwatiewes 306 setels in 'n hung parliament (pat-parlement) verower. Ná vyf dae se onderhandelinge het Cameron saam met die Liberaal-Demokrate 'n koalisieregering gevorm - die eerste in die Verenigde Koninkryk sedert die Tweede Wêreldoorlog. Die destyds 43-jarige Cameron was die jongste Britse premier sedert Robert Jenkins, die 2de graaf van Liverpool, wat die ampseed 198 jaar tevore afgelê het.

Eksterne skakels[wysig]

Voorafgegaan deur:
Gordon Brown
(Arbeidersparty)
Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk
(Konserwatiewe Party)

2010 - nou
Opgevolg deur:
'