Guus Hiddink

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Guus Hiddink.

Guus Hiddink (Varsseveld, 8 November 1946) is 'n Nederlandse sokkerafrigter. Hy staan as een van die beste sokkerafrigters ter wêreld bekend. Hy het die Champions League in 1988 gewen met PSV Eindhoven en het met die Nederlandse, Suid-Koreaanse, Australiese en Russiese nasionale sokkerspanne baie suksesse tydens die Wêreldkampioenskappe en Europese kampioenskappe behaal.

Speler[wysig]

As speler het Guus Hiddink tussen 1967 en 1983 uitgedraf vir De Graafschap, PSV Eindhoven, weer by De Graafschap, Washington Diplomats, San Jose Earthquakes, NEC Nijmegen en weer by De Graafschap. As speler kon Hiddink net by De Graafschap die kampioenskap in die Tweede divisie in seisoen 1968/69 gewen het.

Afrigter[wysig]

Seisoene Klub Land Liga Erelys
1987-90 PSV Eindhoven Vlag van Nederland Nederland Eredivisie 3x nasionale kampioen, 3x KNVB-Beker, Champions League
1990-91 Fenerbahçe Vlag van Turkye Turkye Superlig
1991-94 Valencia CF Vlag van Spanje Spanje Primera División
1994-98 Nederlandse nasionale sokkerspan Vlag van Nederland Nederland WK, EK
1998-99 Real Madrid Vlag van Spanje Spanje Primera División Wêreldbeker vir Klubs
1999-00 Real Betis Vlag van Spanje Spanje Primera División
2001-02 Suid-Koreaanse nasionale sokkerspan Vlag van Suid-Korea Suid-Korea WK
2002-2006 PSV Eindhoven Vlag van Nederland Nederland Eredivisie 3x nasionale kampioenskap, 1x KNVB-Beker
2005-06 Australiese nasionale sokkerspan Vlag van Australië Australië WK
2006-10 Russiese nasionale sokkerspan Vlag van Rusland Rusland EK
2009 Chelsea FC Vlag van Engeland Engeland Premier League FA Cup
2010-11 Turkse nasionale sokkerspan Vlag van Turkye Turkye EK
2012-2013 FC Anzhi Makhachkala Vlag van Rusland Rusland Primera Liga

By PSV het Guus Hiddink heelwat kampioenskappe gewen, maar ook deur met Suid-Korea die halfeindronde van die Wêreldkampioenskappe te bereik, het hom baie gewild gemaak. Die stadion in die Suid-Koreaanse dorp Gwangju, waar wedstryde ook tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 gespeel is, is na hierdie WK na hom vernoem: Guus Hiddinkstadion.