Hendrik Swellengrebel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Hendrik Swellengrebel (Kaapstad, 29 September 1700 - Utrecht, 26 Desember, 1763) was die eerste VOC-goewerneur van die Kaapkolonie wat plaaslik gebore is.

Swellengrebel was die oudste seun van Johanna Cruse (5 Februarie 1682, Kaapstad - 19 Mei 1713, Kaapstad) en Johannes Swellengrebel (geb. 17 Mei 1671, Moskou, Rusland). Hy het twee broers, Hieronimus en Johannes Balthasar, en twee susters, Elisabeth en Johanna Catharina gehad. Hy is op 15 Junie 1727 in die Kaap met Helena Wilhelmina ten Damme getroud. [1]

Swellengrebel was goewerneur van 1739 tot 1750. Die dorp Swellendam in die Wes-Kaap is na hom en sy vrou, Helena Wilhelmina ten Damme (1706-1746) genoem. Swellengrebel en Helena Wilhelmina het drie dogters, Johanna, Helena, en Claudia Constantia (geb. 1739) en 'n seun Ertman Balthasar (geb. 1742), gehad. Tydens die terugreis vanaf die Kaap na Texel hou die twee oudste dogters 'n dagboek wat sover bekend die enigste dagboek van 'n reis tussen die Kaap en Nederland was ten tye van de VOC (1602-1795) wat deur vroue geskryf is en bewaar is gebly het. [2].

In 1750 is hy as goewerneur opgevolg deur Rijk Tulbagh.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]


Voorafgegaan deur:
Daniël van den Henghel
Goewerneur van die Kaap de Goede Hoop
14 April 173927 Februarie 1751
Opgevolg deur:
Rijk Tulbagh