Joego-Slawië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die ligging van Joego-Slawië deur die jare.

Joego-Slawië (Serwo-Kroaties: Југославија/Jugoslavija, Sloweens: Jugoslavija, Macedonies: Југославија, Albanees: Jugosllavia, Hongaars: Jugoszlávia; letterlik "Suid-Slawië") was tussen 1918 en 2003 die naam van drie opeenvolgende state in Suidoos-Europa op die Balkan-skiereiland. Die hoofstad van hierdie state was telkens Belgrado:

  • Die derde Joego-Slawië (1992-2003) het ontstaan na die Joego-Slawiese Oorlog en het bestaan uit Serwië en Montenegro. Die amptelike naam was die Federale Republiek van Joego-Slawië.

Vanaf 2003 het hierdie staat Serwië en Montenegro geheet, maar in 2006 het dit verdeel in aparte state, naamlik Serwië en Montenegro.