Zagreb

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Zagreb
Zg.jpg

Kaart Wapen
Zghrtrans.gif
Coat of arms of Zagreb.svg
Vlag
Flag of Zagreb.svg
 Land Vlag van Kroasië Kroasië
 Stigting 1094
 Oppervlakte:  
 - Totaal 641,29 vk km
 Hoogte bo seevlak 120 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2005) 784 900
 - Bevolkingsdigtheid 1 223.9/vk km
 Etniese groepe:  
 - Kroate 91,94%
 - Serwiërs 2,41%
 - Bosniërs 0,8%
 - Ander minder as 8%
 Tydsone CET / UTC +1
 - Somertyd CEST / UTC +2
 Burgemeester Milan Bandić
 Amptelike Webwerf [1]

Zagreb ['zaːgrɛb] (Duits soms ook Agram, veral in Oostenryk) is die hoofstad en ook die grootste stad van Kroasië. Die stad in die gebied Hrvatsko Prigorje in die suidweste van die Pannoniese Laagvlakte het langs die oewers van die Saverivier uitgebrei en aan die voet van die Medvednica-gebergte uitgebrei. Zagreb is die setel van 'n Rooms-Katolieke aartsbiskop.

Die etimologie van die stadsnaam is onduidelik. Dit is moontlik afgelei van zagrabiti ("water skep"), terwyl ander bronne die Kroatiese term za grebom ("agter die berg") as sy oorsprong gee. Zagreb het in elk geval uit twee nabygeleë Middeleeuse nedersettings ontstaan wat op twee heuwels geleë was. Volgens historiese dokumente is die plaaslike bisdom reeds in 1094 gestig.

Die huidige Zagreb weerspieël met sy klassisistiese en Jugendstil- of Art Nouveau-boukuns in die stadsentrum nog steeds die gees van die voormalige Oostenryks-Hongaarse monargie. Ook die meeste kulturele en historiese besienswaardighede soos die Nieu-Gotiese katedraal Maria Hemelvaart uit die 11de eeu is in die binnestad saamgetrek.

Eksterne skakels[wysig]