Kaapstad Internasionale Lughawe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Internasionale verbindings
Streeksverbinings

Die Kaapstad Internasionale Lughawe (IATA: CPT, ICAO: FACT) is die tweede grootste lughawe in Suid-Afrika na Johannesburg se OR Tambo Internasionale Lughawe en lê sowat 22 kilometer oos van die middestad. Die lughawe is in 1955 as die "DF Malan Lughawe" geopen en word later in die negentiger jare na Cape Town International Airport (CTIA) herdoop . Die volume van lugverkeer het sedert die jaar 1994 aansienlik toegeneem. Tans is daar jaarliks sowat 8,3 miljoen passasiers (2007) wat in Kaapstad aankom of vertrek. Daar word verwag dat die passasiersgetalle tot by die jaar 2015 tot 14 miljoen sal styg.

Kaapstad Internasionale Lughawe is die tweede spil van die Suid-Afrikaanse Lugdiens en is vir die meeste buitelandse toeriste die poort na Suid-Afrika.

Eksterne Skakels[wysig]