Kizji

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kizji
Inheemse naam: Кижи
Die twee hoofkerke op Kizji.
Die twee hoofkerke op Kizji.
Geografie
Ligging Rusland, Onegameer
Koördinate 62°04′N 35°14′O
Oppervlak 5 vk km
Administrasie
Vlag van Rusland Rusland
Republiek Flag of Karelia.svg Karelië

Kizji (Russies: Кижи) is ’n eiland in die Onegameer in die Republiek van Karelië in Rusland met ’n versameling houtkerke, -kapelle en -huise. Dit is een van die gewildste toeriste-attraksies in Rusland en ’n UNESCO-wêrelderfenisgebied.

Kizji is sowat 7 km lank en 0,5 km breed. Dit word omring deur 5 000 ander eilande, die meeste baie klein, en kan bereik word met ’n skeerboot van Petrozawodsk, passasiersboot of helikopter. Daar is geen oornaggeriewe nie.

Die Kizji-pogost, soos dit in Russies bekend is, is die gebied binne ’n heining en sluit in twee groot houtkerke en ’n kloktoring. Die hele eiland is ’n museum van groot historiese belang met allerhande houtgeboue soos kapelle, windmeulens, boothuise, saunas, huise en skure. ’n Paar plaaslike boere en personeellede van die museum woon op die eiland.

Die juweel van die kompleks is die Kerk van die Verheerliking (ook bekend as die Somerkerk) met sy 22 koepels wat in 1714 gebou is. Dit is sowat 37 meter hoog en een van die hoogste houtgeboue ter wêreld. Die kleiner Kerk van die Voorbidding (ook bekend as die Winterkerk) met sy 10 koepels is in 1764 gebou. Die derde struktuur binne die pogost is die kloktoring, wat in 1874 gebou is.

Die Sowjetunie het in 1960 ’n museum in Kizji gestig vir houtgeboue, wat van verskeie dele van Karelië hierheen vervoer is. Die bekendste hiervan is die 16de-eeuse Sint Lasarus-kerk, wat een van die oudste houtkerke in Rusland is.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Kizji (kategorie)


Crystal txt.png

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia-artikel vertaal