Derbent

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Derbent
Дербент
Uitsig oor Derbent
Uitsig oor Derbent
Wapen van Derbent
Wapen
Die ligging van Dagestan in Rusland
Die ligging van Dagestan in Rusland
Ligging van Derbent op 'n kaart (Dagestan)
Derbent
Derbent
Die ligging van Dagestan in Rusland
Koördinate: 42°04′0″N 48°17′0″O
Land Vlag van Rusland Rusland
Deelgebied Dagestan
Stadstatus 1840
Regering
 - Tipe Stad-okroeg
 - Burgemeester Imam Jaralijew
Oppervlak
 - Stad 70 km²  (27 vk m)
Hoogte m (0 vt)
Bevolking (2010)
 - Stad 119 961
 - Digtheid 1 714/km² (4 439,2/myl2)
Tydsone MSK (UTC+04:00)
Poskode 36860x
Skakelkode(s) 7 87271
Webwerf: derbent.ru

Derbent (Russies: Дербент) is 'n stad in die Russiese Federasie, wat lê in die deelrepubliek Dagestan, met 'n bevolking van ongeveer 120 000.

Derbent is gestig in die jaar 438 deur die Sassaniede, 'n Persiese dinastie. Dit maak dit die oudste stad op die grondgebied van Rusland.

Die stad was lank deel van wat nou Iran (Persië) is. In 1805 is dit deur die Russe verower van die Iranse Kadjare-dinastie tydens die Eerste Russies-Iranse oorlog.

Derbent is bekend vir sy Middeleeuse verdedigingswerke wat sedert 2003 op die Wêrelderfenisgebiedslys van Unesco is.

Die stad word beskou as een van die mees multikultureles van Dagestan. Daar is Russies-Ortodokse kerke, Armeens-Apostoliese kerke, Georgies-Ortodokse kerke, sinagoges (van die Bergjode/Tatte) en Soennitiese en Sjiïtiese moskees.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Derbent (kategorie)