Kobie Coetsee

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kobie Coetsee

Minister van Verdediging
Ampstermyn
1 April 1993 – 11 Mei 1994
President F.W. de Klerk
Voorafgegaan deur Gene Louw
Opgevolg deur Joe Modise

Minister van Justisie
Ampstermyn
7 Oktober 1980 – 31 Maart 1993
Voorafgegaan deur Alwyn Schlebusch
Opgevolg deur Dullah Omar
Ampstermyn
7 Oktober 1980 – 31 Maart 1993
President {{{president5}}}

Persoonlike besonderhede
Geboorte 19 April 1931
Ladybrand
Sterfte 29 Julie 2000
Bloemfontein
Politieke party Nasionale Party

Kobie Coetsee (1931-2000) was 'n Suid-Afrikaanse prokureur en politikus. Hy was van 7 Oktober 1980 tot 31 Maart 1993 die Minister van Justisie. Van 1 April 1993 tot 11 Mei 1994 het hy as die Minister van Verdediging gedien. Hy het ook as onderhandelaar vir die Nasionale Party tydens die land se oorgang na 'n volledige demokrasie opgetree. Na die verkiesing van 1994 is hy tot president van die senaat verkies (later na die Nasionale Raad van Provinsies hernoem). Hoewel die ANC 'n gemaklike meerderheid gehad het, beklee hy hierdie posisie tot in 1997.

Biografie[wysig]

Hendrik Jacobus Coetsee is op 19 April 1931 in Ladybrand, 'n klein landboudorpie in die Vrystaat, gebore. Hy het regte aan die Universiteit van die Vrystaat gestudeer hom en as 'n prokureur gekwalifiseer.

Coetsee is in 1956 getroud en het twee seuns en drie dogters gehad.

Hy is op 29 Julie 2000 in Bloemfontein aan 'n hartaanval oorlede.

Voorafgegaan deur:
Gene Louw
Minister van Verdediging
1993–1994
Opgevolg deur:
Joe Modise