Koningin Maudland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Koningin Maud Land)
Spring na: navigasie, soek
Koningin Maudland
Dronning Maud Land
(Noors)
Flag of Norway.svg Coats of arms of None.svg
(Vlag van Koningin Maudland) (Wapen van Koningin Maudland)
Nasionale leuse: Alt for Norge / Alt for Noreg
Kaart van geëiste gebiede op Antarktika
Kaart van geëiste gebiede op Antarktika
Ligging van die Koningin Maudland op Antarktika
Ligging van die Koningin Maudland op Antarktika
Amptelike tale Noors
Hoofstad Geen
Grootste stad Geen
Eerste Minister Geen
Oppervlakte
 - Totaal
2 500 000 vk km
Bevolking
 - Totaal (Somer)
 - Totaal (Winter)
0
0/vk km
Geldeenheid Noorse kroon (NOK)
Tydsone UTC: UTC -3
Volkslied Ja, vi elsker dette landet

Koningin Maudland (Noors: Dronning Maud Land) is die deel van Antarktika wat tussen die terminus van Stancomb-Willsgletser, by 20°W, en Shinnangletser, by 44° 38'O lê. Dit het 'n landoppervlak van ongeveer 2 500 000 km² wat meestal deur die Antarktiese ysplaat bedek is. Dit is deur Noorweë opgeëis op 4 Januarie 1938, maar soos alle ander aansprake in Antarktika, word dit nie universeel erken nie en is die gebied onderworpe aan die Antarktiese Verdrag.

Koningin Maudland word verdeel in vyf kus gebiede waaraan gedink kan word as sektore wat van wes na oos tot by die Suidpool strek (kloksgewys):

No. Sektor Oppervlak (km2) Westelike Grens Oostelike Grens
1 Kronprinsesse Märtha Kyst 970 000 020°00' W 005°00' O
2 Prinsesse Astrid Kyst 580 000 005°00' O 020°00' O
3 Prinsesse Ragnhild Kyst 540 000 020°00' O 034°00' O
4 Prins Harald Kyst 230 000 034°00' O 040°00' O
5 Prins Olaf Kyst 180 000 040°00' O 044°38' O
DRONNING MAUD LAND 2,500,000 020°00' W 044°38' O

Die gebied is vir die eerste keer in 1930 deur Hjalmar Riiser-Larsen besoek as deel van pogings om die Antarktiese gebied te karteer. Roald Amundsen het dit voorheen ter ere van Koningin Maud van Noorweë en die hele plato wat die Suidpool omring Haakon VII's Vidde ter ere van Koning Haakon VII van Noorweë vernoem. Die gebied wat oorspronklik deur Amundsen as Koningin Maudland geïdentifiseer is het tussen 37° en 50° Oos gelê.

In 1985 het Noorweë die Tor navorsingstasie by Svarthammaren op Koningin Maudland se Prinses Marthakus opgerig; en in 2005, Koning Sonja van Noorweë nog 'n navorsingstasie genaamd Troll by Jutulsessen geopen. Dit verskil van ander Antarktiese navorsingstasies in die sin dat dit nie op ys geleë is nie maar op 'n sneeuvrye rotsbedekte helling.

Chronologie[wysig]

1832    John Biscoe se ekspedisie beweer dat hulle Grahamland waargeneem het, een bron one source stel egter dat dit Anverseiland was.
1893    Carl Anton Larsen ontdek en benaam Grahamland se Foynkus, Koning Oscarland, Jasonberg en Robertsoneiland.
24 Jan 1895    Carsten Borchgrevink onderneem wat na bewering die eerste landing op Antarktika is. Drie jaar later lei hy die eerste geselskap om op die kontinent te oorwinter.
14 Des 1911    Vyf Nore, onder leiding van Roald Amundsen, is die eerste mense om die Suidpool te bereik.
1930    Hjalmar Riiser-Larsen vlieg oor die gebied wat te vore Dronning Maud Land (Koningin Maudland) deur Roald Amundsen genoem is.
14 Jan 1938    Dronning Maud Land, geïdentifiseer as die gebied tussen 45° en 20°O word formeel deur Noorweë opgeëis.
19 Jan 1939   
tot 23 Mei 1945   
Die gebied tussen 20°O en 10°W word deur Nazi Duitsland opgeëis as "Duits Nieu-Swabië" (Deutsche Neuschwabenland). Dit is deur geen ander land erken nie.
13 Jan 1941    Duitse kommando's gaan aanboord van en buit twee Noorweegse fabriekskepe in die see noord van Koningin Maudland. Teen die einde van die volgende dag het die Duitsers besit geneem van drie fabriekskepe en elf vissersskape. Die Duitse Vloot gebruik daarna 'n hawe op Kerguleneiland as 'n basis om Geallieerde skepe aan te val.
1948    Die Noorweegse PoolInstituut, as deel van die Noorweegse Ministerie van Omgewingsake, word die administrasie van Dronning Maud Land toegesê.
1957    In Noorweë word Dronning Maud Land onderworpe aan Noorweegse soewereiniteit as 'n afhanklikheid.

Kyk ook[wysig]

  • Peter I-Eiland, die ander Antarktiese gebied waarop Noorweë aanspraak maak.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Koningin Maudland (kategorie)


 
Antarktiese gebiedsaansprake
Flag of Antarctica.svg

Flag of the French Southern and Antarctic Lands.svg Adélieland
Bandera de la Provincia de Tierra del Fuego.svg Argentyns-Antarktika
Flag of Australia.svg Australies-Antarktiese Gebied
Flag of the British Antarctic Territory.svg Brits-Antarktiese Gebied

Flag of Magallanes, Chile.svg Chileens-Antarktika
Flag of New Zealand.svg Ross-Afhanklikheid
Flag of Norway.svg Koningin Maudland · Peter I-Eiland
Flag of German Reich (1935–1945).svg Voormalige aanspraak: Nieu-Swabië  (1939–1945)


 
Oorsese gebiede van Noorweë
Flag of Norway.svg
Bouvet-eiland · Jan Mayen · Koningin Maudland · Peter I-Eiland · Svalbard