Martin Luther

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Maartin Luther)
Spring na: navigasie, soek

Martin Luther by Lucas Cranach der Ältere.jpeg

Martin Luther

Duitse teoloog en hervormer


Handtekening
Autograf, Martin Luther, Nordisk familjebok.png


Teologiese stroming
Lutheranisme


Beduidende werke

95Thesen.jpg
95 stellings

Von der Freiheit eines Christenmenschen (1520)

De servo arbitrio ("Die geknegte wil", 1525)

Deudsch Catechismus ("Die Groot Kategisme", 1529)


Eggenote

Katharina-v-Bora-1526-1.jpg

Katharina von Bora


Simbool
Lutherrose.svg
Lutherroos

Martin Luther (10 November 148318 Februarie 1546 in Eisleben, graafskap Mansfeld) was ’n Duitse monnik en Rooms-Katolieke priester wat in die 16de eeu die grondlegger was van die Protestantse Hervorming in die Christendom.[1] Hy was sterk gekant teen die idee dat kwytskelding van God se straf vir sonde met geld gekoop kan word.

Hy het geleer dat redding nie met goeie dade verdien kan word nie, maar slegs deur God se genade plaasvind vanweë ’n geloof in Jesus Christus, asook dat die Bybel die enigste bron van goddelike kennis is.[2] Op 31 Oktober 1517 het hy sy 95 stellings teen die kerkdeur van Wittenberg vasgespyker. Hierin verklaar hy dat die Rooms-Katolieke leer oor saligheid verkeerd is deur Bybelse tekste aan te haal en dit te verduidelik.

Sy teologie het die gesag van die Katolieke pous ondermyn. Sy weiering in 1520 om alles wat hy geskryf het terug te trek op bevel van pous Leo X en keiser Karel V van die Heilige Romeinse Ryk het daartoe gelei dat die pous hom die jaar daarna geëkskommunikeer en die keiser hom voëlvry verklaar het.

Sy vertaling van die Bybel, die Lutherse Bybel, in die spreektaal in plaas van Latyn het dit toegankliker gemaak en het dus ’n enorme invloed op die laat Middeleeuse en vroeë moderne samelewing, wat oorspronklik deur die Rooms-Katolieke Kerk oorheers is, en die Duitse kultuur gehad. Dit het gelei tot die ontwikkeling van ’n standaardweergawe van Duits, verskeie beginsels van die kuns van vertaling[3] en ’n Engelse weergawe van die Bybel, die King James Bible.[4] Sy gesange het die ontwikkeling van sang in kerke beïnvloed[5] en sy huwelik met Katharina von Bora het meegebring dat Protestantse kerklikes toegelaat is om te trou.[6]

Eindelik het ’n skeuring in die Kerk plaasgevind en het naas Evangelies-Lutherse kerke ook ander Protestantse denominasies ontstaan.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Plass, Ewald M. (1959). “Monasticism”, What Luther Says: An Anthology. St. Louis: Concordia Publishing House. 
  2. Ewald M. Plass, What Luther Says, 3 vols., (St. Louis: CPH, 1959), 88, no. 269; M. Reu, Luther and the Scriptures, Columbus, Ohio: Wartburg Press, 1944), 23.
  3. Fahlbusch, Erwin and Bromiley, Geoffrey William. The Encyclopedia of Christianity. Grand Rapids, MI: Leiden, Netherlands: Wm. B. Eerdmans; Brill, 1999–2003, 1:244.
  4. Tyndale's New Testament, New Haven, Yale University Press, 1989, ix–x.
  5. Bainton, Roland. Here I Stand: a Life of Martin Luther. New York: Penguin, 1995, 269.
  6. Bainton, Roland. Here I Stand: a Life of Martin Luther. New York: Penguin, 1995, p. 223.

Eksterne skakels[wysig]