Oostelike Provinsie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Oostelike Provinsie
Bynaam(e) Kings,[1] Olifante
Stigting 1888
Unie Oostelike Provinsie Rugbyunie
Ligging Port Elizabeth
Streek Westelike Oos-Kaap
Stadion Nelson Mandelabaai-stadion
Kapasiteit 48 000
Afrigter(s) Matt Sexton en David Maidza
Kaptein(s) Luke Watson
Liga(s) Curriebeker
Vodacombeker
Unie webwerf
www.easternprovincerugby.com

Die Oostelike Provinsie (ook bekend as die Kings en vroeër as die Olifante of Magtige Olifante) is 'n provinsiale rugbyspan in Suid-Afrika wat gebaseer is in Port Elizabeth.

Die Oostelike Provinsie neem jaarliks aan die Curriebeker se Eerste Afdeling asook aan die Vodacombeker deel.

Hulle speel in rooi en swart gestreepte truie en hulle tuisveld is sedert 2010 die Nelson Mandelabaai-stadion. Dit was voorheen die Boet Erasmus-stadion.

Verwysings[wysig]

  1. Green, Michael (14 Julie 2010). “Dis OP … of die Kings”. Beeld. URL besoek op 2 Maart 2013.