Orkney, Noordwes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Orkney
Ligging van Orkney op 'n kaart (Noordwes)
Orkney
Orkney
 Orkney se ligging in Noordwes
Koördinate: 26°58′44″S 26°40′9″O Koördinate: 26°58′44″S 26°40′9″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noordwes
Distrik Dr Kenneth Kaunda
Munisipaliteit Matlosana
Stigting 1940
Oppervlak[1]
 - Dorp 16,43 km²  (6,3 vk m)
Hoogte 1 301 m (4 268 vt)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 13 435
 - Digtheid 818/km² (2 118,6/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 46.8%
 • Kleurling 1.5%
 • Indiër/Asiër 0.2%
 • Blank 51.0%
 • Ander 0.4%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 51.3%
 • Sotho 14.8%
 • Tswana 10.4%
 • Xhosa 8.9%
 • Ander 14.7%
Poskode (straat) 2620
Poskode (posbus) 2619
Skakelkode(s) 018

Orkney is 'n dorp suid van Klerksdorp in die Noordwesprovinsie, Suid-Afrika. Die dorp het aansienlike mediadekking in die laat 1980s en vroeë 1990s gekry as agtergrond vir die SAUK se sepie, Orkney Snork Nie.

Geskiedenis[wysig]

'n Skotsman, ene Simon Fraser, was in die laat 1880's na die goudvelde in die Wes-Transvaal gelok. Hy was vanaf die Orkadiese (Orkney) eilande in Skotland afkomstig. Hy het sy myn Orkney genoem en so het die dorp bekend geraak. Die dorp is op 20 Maart 1940 geproklameer. Fraser se ou skag, waar erts met 'n kruiwa na die oppervlak gebring is, word nog steeds as 'n ventilasieskag vir Vaal Reefs gebruik.

Op 5 Augustus 2014 omstreeks 12:20 het 'n aardbewing, met episentrum 6 km oos van Orkney plaasgevind. Die aardbewing het 5.3 op die Richterskaal geregistreer en is oor groot dele van Suid-Afrika gevoel.[2] Nagenoeg 400 huise, drie klinieke en 'n paar skole is tydens die aardbewing beskadig.[3][4]

Omgewing[wysig]

Die verslete naambord op Orkney se treinstasie.

Orkney is op die oewers van die Vaalrivier geleë. Die Orkney-Vaal vakansieoord is ook hier ontwikkel. Die naaste buurdorp is Klerksdorp en dit lê ongeveer 180 km suidwes van Johannesburg naby die N12 nasionale pad.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]