Potchefstroom

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Potchefstroom
President Marthinus Wessel Pretorius se graf in Potchefstroom.
President Marthinus Wessel Pretorius se graf in Potchefstroom.
Official Vlag van Potchefstroom
Vlag
Bynaam: Potch
Slagspreuk: Stad van Deskundigheid
Motswe Wa Boitseanape
City of Expertise
Ligging van Potchefstroom op 'n kaart (Noordwes)
Potchefstroom
Potchefstroom
Ligging van Potchefstroom op 'n kaart (Suid-Afrika)
Potchefstroom
Potchefstroom
Koördinate: 26°42′0″S 27°5′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noordwes
Distriksmunisipaliteit Dr. Kenneth Kaunda
Plaaslike Munisipaliteit Tlokwe
Stigting 1838
Gestig deur Hendrik Potgieter
Regering
 - Burgemeester
Oppervlak
 - Stad 185,4 km²  (71,6 vk m)
Hoogte 1 350 m (4 429 vt)
Bevolking (2011)[1]
 - Stad 149 230
 - Digtheid 800/km² (2 072/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 2520
Skakelkode(s) 018
Webwerf: http://www.potch.co.za/

Potchefstroom is 'n stad in die Noordwes-provinsie van Suid-Afrika. Dit was die tweede oudste dorp in die ou Transvaal-provinsie naas die naburige Klerksdorp. Dit is in November 1838 deur Voortrekkerleier Hendrik Potgieter aan die oewers van die Mooirivier gestig. Die stad staan ook as die "Stad van Deskundigheid" bekend. Dit beslaan 2 573 km² en het 162 762 inwoners (munisipaliteit 2011)[2]. Dit is 'n handel- en nywerheidsentrum vir die omliggende land- en mynboustreek. Potchefstroom is 120 km wes-suidwes van Johannesburg.

Naamsverandering[wysig]

Daar is tans 'n poging deur die munisipale regering om die dorp se naam na Tlokwe te verander, maar baie inwoners het in opstand gekom teen die besluit - hierdie opstand word deur die organisasie Aksie Potchefstroom gelei. Die stadsraad staan wel as Tlokwe Plaaslike Munisipaliteit bekend.

Universiteit[wysig]

Hoofgebou van Potchefstroomkampus

Potchefstroom is 'n groot akademiese dorp. Die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, wat in 1869 op Burgersdorp gestig is, is in 1905 na Potchefstroom verskuif. In 1919 het "Het Potchefstroom Universiteitskollege voor Christelike Hooger Onderwijs" ontstaan uit die Literariese Departement van die Teologiese Skool. In 1951 is die PUK erken as ‘n selfstandige universiteit wat bekend sou staan as die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO).

Die PU vir CHO het in 2004 met die University of the Northwest in Mahikeng saamgesmelt om die Noordwes-Universiteit te word en sou voortaan bekend staan as die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Hierdie multikampus en multidiverse universiteit het tot stand gekom nadat die regering verreikende veranderings in tersiëre onderwys aangebring het en wetgewing deurgevoer het wat die aantal tersiêre inrigtings in die land verminder het. Dit het die einde van die Christelike inslag van die universiteit beteken.

Die Potchefstroomkampus het 33 000 studente.

Die universititeit met sy groot aantal studente speel 'n belangrike rol in die dorp en gee aan Potchefstroom sy universiteitsdorp-karakter.

JOOL Dit is 'n optog ten bate van liefdadigheid waar al die eerstejaars van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, in hul koshuis verband, deur die strate van die dorp loop met vlotte wat hul gebou en versier het.

Aardklop[wysig]

Die Aardklop Nasionale Kunstefees word jaarliks aan die einde van September in Potchefstroom aangebied.

Trivia[wysig]

  • Die N12 nasionale pad gaan deur Potchefstroom.
  • 'n Hoenderras, die Potchefstroom Koekoek, is vernoem na die stad.
  • Potchefstroom is die oudste distrik in die "trans-vaal", gebied noord van die Vaalrivier.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Potchefstroom (kategorie)

Verwysings[wysig]