Panjabi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Punjabi)
Spring na: navigasie, soek
Punjabi
پنجابی, ਪੰਜਾਬੀ, पंजाबी, panjābi
Gepraat in: Vlag van Indië Indië
Vlag van Pakistan Pakistan 
Gebied: Suid-Asië
Totale sprekers: 129 miljoen[1][2][3] 
Rang: 10
Taalfamilie: Indo-Europees
 Indo-Iranies
  Indo-Aries
   Punjabi 
Skrifstelsel: Gurmukhi-alfabet, Shahmukhi-alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Punjab, (Vlag van Indië Indië)
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: pa
ISO 639-2: pan
ISO 639-3: pan 
Verspreiding van Punjabi
Panjabi in die Gurmukhi, Shahmukhi alfabet

Panjabi (پنجابی, ਪੰਜਾਬੀ, पंजाबी, panjābi) of Punjabi is 'n Indo-Europese taal en word deur 91 miljoen mense in die historiese distrik Punjab in Indië en Pakistan gepraat. Punjabi is een van die amptelike tale van Indië naas Engels en Hindi en van die Indiese deelstaat Punjab, in Pakistan is Punjabi nie 'n amptelike taal nie, maar dit is 'n streekstaal in Punjab. Punjabi is voor die amptelike taal Oerdoe die belangrikste inheemse taal in Pakistan en wêreldwyd die tiende belangrikste taal. Punjabi bestaan uit die oostelike en die westelike dialek. Die Sikhs gebruik Punjabi as seremoniële taal in die Gurmukhi-alfabet, waar Hindoes die Devanagari-alfabet gebruik en in Pakistan die Shahmukhi-alfabet. In die Sikhisme is Punjabi onder andere die taal van die Heilige Skrifte Guru Granth Sahib.

Verwysings[wysig]

  1. www.ethnologue.com: Oostelike Punjabi.
  2. www.ethnologue.com: Westelike Punjabi.
  3. Hochrechnung für 2001 nach George Cardona und Dhanesh Jain: General Introduction. In: George Cardona und Dhanesh Jain (Hrsg.): The Indo-Aryan Languages. Routledge, London 2003. Hier S. 2.
Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Panjabi
Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Panjabi