Rotskuns

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Aftekeninge van rotskuns op die oewer van die Vaal oorkant Kerrys.
Rotse van die Benede Mnweni.

Rotskuns is 'n argeologiese term wat verwys na mensgemaakte tekeninge op rotse in die natuur. Dit verwys in besonder na afbeeldings wat in die oertyd gemaak is. Hierdie kunswerke kom tipies in grotte en onder oorhange in bergagtige gebiede voor.

Die presiese doel van die kunswerke is nie bekend nie. Daar word geglo dat dit nie bloot versierings in woongebiede was nie, omdat die plekke waar dit voorkom nie deurlopend bewoon is nie. Dit word ook dikwels in plekke wat nie maklik bereikbaar is nie aangetref. Van die teorieë is dat dit vir kommunikasie gebruik is, terwyl ander dink dat dit vir godsdienstige of seremoniële doeleindes gebruik is.

Rotskuns in Europa[wysig]

Die vroegste nie-figuratiewe rotskuns in Europa dateer terug tot ongeveer 40 000 jaar gelede en kan in die El Castillo-grot in Cantabria, Spanje gevind word. Die oudste figuratiewe rotskuns in Europa is ongeveer 30 000 tot 32 000 jaar oud en kom in die Chauvet-grot in Frankryk voor.

Rotskuns in Afrika[wysig]

Die rotskuns in Afrika is gewoonlik uitbeeldings van diere of jagtonele. Die tekeninge is vol beweging en word op plekke waar rituele plaasgevind het gevind. Die figure is gestileerd en verteenwoordig lewende vorms. Menslike figure kom meer algemeen in die rotskuns van Afrika as in die van Europa voor.[1]

Die Boesmanrotskuns in die Drakensberg Nasionale Park in Suid-Afrika is ongeveer 3 000 jaar oud. Die rotskuns is deur Boesman wat ongeveer 8 000 jaar gelede in die gebied gevestig het geskilder. Dit beeld meestal diere en mense uit.

Die rotskuns in die Apollo 11-grot in Namibië dateer terug tot 23 000–25 000 v.C.[2]

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Rotskuns (kategorie)
  1. Jaroff, Leon, "Etched in Stone", Time, 1997-06-02. URL besoek op 2008-10-07.
  2. Apollo 11 (ca. 25,500–23,500 B.C.) and Wonderwerk (ca. 8000 B.C.) Cave Stones”. Heilbrunn Timeline of Art History. The Metropolitan Museum of Art: Oktober 2000. URL besoek op 11 Mei 2013.