Stilbaai

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Stilbaai
Die Goukourivier skei Stilbaai in 'n oostelike en westelike deel.
Die Goukourivier skei Stilbaai in 'n oostelike en westelike deel.
Bynaam: Baai van die slapende skoonheid
Ligging van Stilbaai op 'n kaart (Wes-Kaap)
Stilbaai
Stilbaai
Koördinate: 34°22′6″S 21°24′40″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Eden
Plaaslike Munisipaliteit Hessequa
Hoogte m (0 vt)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 6674
Webwerf: http://www.stilbaaitourism.co.za/

Stilbaai, ook bekend as die Baai van die slapende skoonheid, is 'n dorp langs die suidelike kus van Suid-Afrika, tussen Riversdale en Albertinia, 26 km van die N2 nasionale hoofweg, en ongeveer 4 ure se motorrit vanaf Kaapstad. Dit is deel van die Hessequa-munisipaliteit in die Wes-Kaapprovinsie. Die strand by Lappiesbaai is as 'n blouvlagstrand gesertifiseer en bevat ook die sogenaamde Preekstoel, 'n kenmerkende rots wat uit die sand steek. Die Goukourivier verdeel die dorp in twee, naamlik Stilbaai-oos en Stilbaai-wes, met die hawe geleë op die westelike oewer. Die rivier kan vir ongeveer 15 km bevaar word.

Geskiedenis[wysig]

Die eerste erwe is in 1894 uitgemeet. In 1930 is die twee dele met 'n pont verbind wat later in 1955 met 'n brug vervang is.

Klimaat[wysig]

Stilbaai het 'n matige klimaat en die gebied kry bykans eweveel reën in al vier seisoene, met hoogtepunte wat bereik word in herfs en lente.

Temperatuur wissel gemiddeld tussen 20° en 28° Celsius in die somer en tussen 12° en 20° Celsius in die winter. Die reënval is gemiddeld 639,2 mm per jaar.[1]

Natuurreservate[wysig]

Stilbaai het 'n aantal natuurreservate. Aan die oostekant is Pauline Bohnen-natuurreservaat, 'n groot reservaat met verskeie staproetes. Die Skulpiesbaai-natuurreservaat is naby die hawe geleë en strek tot by die Noordkapperpunt-visvywers. Die Geelkrants-natuurreservaat is langs die "Preekstoel" geleë.

Oorlede[wysig]

Sien ook[wysig]

Stilbaai, gesien vanaf die uitsigpunt bokant die hawe
Stilbaai, met die NG Kerk Stilbaai-Wes, uitsig na die ooste

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Die Burger 1996. Geraadpleeg 7 Januarie 2012