Sierduik

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Sierduik word uitgevoer.

Sierduik is 'n watersport waar so mooi moontlik vanaf 'n duikplank of -platform in die water van 'n swembad ingespring word. Hierby kan (kombinasies van) salto's en draaie uitgevoer word.

Die duikslag word vanaf 1- en 3-meter duikplanke, of vanaf 5-, 7½- en 10-meter duikplatforms (torings) uitgevoer.

Die beoordeling vind plaas deur vyf of sewe amptenare. Die duikslag word beoordeel volgens tegniek, elegansie, soepelheid, hoogte, afstand en netheid. Punte loop met ½ punte op vanaf 0 ('n reuse mislukking) tot en met 10 (uitstekend).

Gesinchroniseerde duik word sedert 1994 beoefen. Hiertydens spring twee persone tegelyk van die duikplank of -platform en voer dieselfde bewegings uit.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Duik (kategorie)
Olimpiese somersporte Logo van die Olimpiese Spele

Somerspele: Atletiek · Basketbal · Boks · Boogskiet · Driekamp · Fietsry · Gewigoptel · Gimnastiek · Handbal · Hokkie · Judo · Kanovaart · Moderne vyfkamp · Ruitersport · Pluimbal · Roei · Rugby Sewes · Sierduik · Skerm · Skyfskiet · Seiljagwedvaart · Sokker · Stoei · Swem · Gesinchroniseerde swem · Taekwondo · Tafeltennis · Tennis · Vlugbal · Waterpolo

Voormalige Olimpiese sporte: Baskiese pelote · Bofbal · Gholf · Jeu de paume · Krieket · Kroket · Lacrosse · Motorbootresies · Polo · Sagtebal · Toutrek