Thabazimbi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Thabazimbi
Ligging van Thabazimbi op 'n kaart (Limpopo)
Thabazimbi
Thabazimbi
 Thabazimbi se ligging in Limpopo
Koördinate: 24°36′S 27°24′O Koördinate: 24°36′S 27°24′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Limpopo
Distrik Waterberg
Munisipaliteit Thabazimbi
Stigting 1953
Regering
 - Tipe Plaaslike Munisipaliteit
 - Burgemeester Rdl. P.A. Mosito (ANC)
Oppervlak[1]
 - Dorp 160,89 km²  (62,1 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 28 847
 - Digtheid 179/km² (463,6/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 82.3%
 • Kleurling 0.4%
 • Indiër/Asiër 0.2%
 • Blank 19.9%
 • Ander 0.3%
Taal (2011)[1]
 • Tswana 53.8%
 • Afrikaans 17.2%
 • Noord-Sotho 9.9%
 • Engels 3.8%
 • Ander 15.3%
Poskode (straat) 0387
Poskode (posbus) 0380
Skakelkode(s) 014
Webwerf: http://www.thabazimbi.gov.za/

Thabazimbi (berg van yster) is 'n dorp in die Limpopoprovinsie, Suid-Afrika. Die dorp het 'n bevolking van 28 847 in 2011 gehad.[2]

Geskiedenis[wysig]

Die dorp het sy ontstaan te danke aan die buitengewone ryk ystererts wat JH Williams in 1919 by Vliegpoort ontdek het. Die erts is deur die regering gekoop vir die pasgestigte Yskor (1928) wat in 1931 met sy bedrywighede begin het. 'n Takspoorlyn is vanaf Northam gebou. 'n Dorp (vir die werknemers van Yskor) is op die plaas Kwaggashoek uitgelê en in 1953 geproklameer.

Myn en Distrik[wysig]

Die myn lewer jaarliks sowat 2 miljoen ton erts wat per spoor na Yskor se werke vervoer word. Beesboerdey is die belangrikste landbouaktiwiteit in die distrik (8 000 km2). Daar is ook ander beduidende neerslae van chroom en ystererts in die omgewing bewys.[3]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]