Underberg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Underberg
Ligging van Underberg op 'n kaart (KwaZulu-Natal)
Underberg
Underberg
Koördinate: 29°47′S 29°30′O Koördinate: 29°47′S 29°30′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie KwaZulu-Natal
Distriksmunisipaliteit Sisonke
Plaaslike Munisipaliteit KwaSani
Stigting 1917
Bevolking (2010)
 - Dorp 1 389
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 3257
Lugfoto van die Splashy Fen-fees.

Underberg is 'n klein dorp in die suidweste van KwaZulu-Natal (Suid-Afrika), naby die grens met Lesotho. Die dorp het 'n bevolking van 1 389 in 2010 gehad[1]. Die dorp is 5 km suid van Himeville.

Geskiedenis[wysig]

Underberg, aan die Mzimkulurivier, het as 'n enkele winkel ontstaan wat in 1886 hier opgerig is om die boere te bedien. Die owerhede het gemeen dat die dorp nie oor genoegsame natuurlike verdedigingslinies beskik het nie en het Himeville verder noord bevorder as die setel van die landdrosdistrik. Die dorp is die terminus vir die takspoorlyn vanaf Donnybrook.

Distrik[wysig]

Die distrik is 1 937 km2 groot. Die belangrikste ekonomiese aktiwiteit is bees- en skaapboerdery. Die distrik is waterryk en forelle kom natuurlik hier voor. Die Coleford-natuurreservaat is 25 km suid van Underberg.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]