Warmbad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hierdie artikel handel oor die dorp in Suid-Afrika. Vir die dorp in Namibië, sien Warmbad, Namibië.
Bela-Bela
Warmbad / Warmbaths
Ligging van Bela-Bela op 'n kaart (Limpopo)
Bela-Bela
Bela-Bela
 Bela-Bela se ligging in Limpopo
Koördinate: 24°53′6″S 28°17′39″O Koördinate: 24°53′6″S 28°17′39″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Limpopo
Distrik Waterberg
Munisipaliteit Bela-Bela
Stigting 1873
Regering
 - Tipe Plaaslike Munisipaliteit
 - Burgemeester H. M. Ledwaba (ANC)
Oppervlak[1]
 - Dorp 23,29 km²  (9 vk m)
Hoogte 1 098 m (3 602 vt)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 45 001
 - Digtheid 1 932/km² (5 003,9/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 89.1%
 • Kleurling 1.7%
 • Indiër/Asiër 0.7%
 • Blank 8.2%
 • Ander 0.3%
Taal (2011)[1]
 • Noord-Sotho 43.0%
 • Tswana 18.1%
 • Tsonga 12.4%
 • Afrikaans 9.4%
 • Ander 17.1%
Poskode (straat) 0480
Poskode (posbus) 0480
Skakelkode(s) 014
Webwerf: http://www.belabela.gov.za/
Swembad en geriewe by Warmbad se vakansieoord.
Die hoofswembad tydens 'n vakansie.

Warmbad (Engels: Warmbaths) is 'n dorp wat in die geotermiese warmwaterbronne van die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika geleë is. Bela-Bela, die Tswana-naam vir die bronne, produseer 22 000 liter water per uur teen 50 °C. Dit is deur Tswana-stamme ontdek wat in die vroeë 1800's in die gebied inbeweeg het. In 1873 het die Transvaalse regering die grond gekoop om 'n vakansieoord by die fonteine te bou en dit Warmbad genoem. Daar woon ongeveer 45 000 mense. Die N1 nasionale pad gaan naby Warmbad verby. Die naam van die dorp is in 2002 amptelik gewysig na Bela-Bela.

Distrik[wysig]

Die distrik is 5 800km2 groot en in 1950 geproklameer. Die belangrikste gewasse is mielies, grondbone, sorghum en koring. Die koring word verbou onder besproeiing uit die Rust de Winterdam. Daar word ook geboer met beeste, skape en varke. Tin word by Rooiberg ontgin; sowat 55 km vanaf Warmbad. Daar is ook 'n blokhuis wat tot 'n nasionale monument verklaar is.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Bela-Bela”. Sensus 2011.