1756
Voorkoms
1756 |
◄ | 17de eeu | ◄18de eeu► | 19de eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1751 | 1752 | 1753 | 1754 | 1755 | ◄ 1756 ► | 1757 | 1758 | 1759 | 1760 | 1761 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1756 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Wolfgang Amadeus Mozart | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1756 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 56ste jaar van die 18de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1 Maart – Pous Benedictus XIV publiseer Ex Quo oor die Euchologion (Bisantynse liturgieboek).
- 17 Maart – Pous Benedictus XIV verklaar Fortis Gabrielli salig.
- 15 Mei – Frederik II die Grote van Pruise val Sakse binne en begin daardeur die Sewejarige Oorlog.
- 9 Junie – Te Koepang slaag die VOC gesant Johannes Andreas Paravicini daarin om die 15 regeerders van Timor, Roti, Solor en Soemba te oortuig om 'n verdrag te teken waardeur Nederland soewerniteit oor dié eilande behaal.
- 29 Augustus – Die Sewejarige Oorlog begin in Europa.
- 2 Oktober – Gregorio Barnaba Chiaramonti later Pous Pius VII word Benediktyner-monnik.
- 16 Oktober – Pous Benedictus XIV publiseer Ex Omnibus oor die bul Unigenitus.
- Die laaste spreekster van die Polabiese taal, vanuit noord-Pole, sterf.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 27 Januarie – Wolfgang Amadeus Mozart, Oostenrykse komponis van Salzburg († 1791).
- 6 Februarie – Aaron Burr, Amerikaanse politikus en avonturier († 1836).
- 7 September – Willem Bilderdijk, Nederlandse geskiedkundige, digter en advokaat. († 1831).
- 23 Oktober – François Chabot, 'n radikale politikus tydens die Franse Rewolusie († 1794).
- 30 Desember – Paul Wranitzky, Morawiese komponis († 1808).
Sterftes
[wysig | wysig bron]- Julie – Pieter Langendijk, Nederlandse damaswewer, stadskunstenaar, dramaturg en digter (* 1683)