Gaan na inhoud

Stokvis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Aliwal2012 (besprekings | bydraes) op 20:36, 11 Mei 2022
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)

Stokvis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Spesie:
M. capensis
Binomiale naam
Merluccius capensis
(Castelnau, 1861)
'n Soort stokvis opgehang om te droog in Noorweë

Stokvis (Merluccius capensis) is 'n vis wat voorkom vanaf suidelike Angola, rondom die Suid-Afrikaanse kus tot by KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as Shallow-water hake. Die vis het groot kommersiële waarde.

Voorkoms

[wysig | wysig bron]

Die vis is bruinerig op die rug en aan die bokant en die onderkant is silwerig wit. Die anale en tweede dorsale vinne is lank. Die vis kan 1.4 m lank en tot 19 kg swaar word.

Habitat

[wysig | wysig bron]

Die stokvis kom voor op die kontinentale bank tot op dieptes van 550 m. Gedurende die dag rus die volwassenes op die bodem en gedurende die nag beweeg hulle hoër op. Hulle eet hoofsaaklik vis en skaaldiere. Die wyfies skiet kuit gedurende Oktober tot Desember. Die onvolwasse vissies bly in skole saam op die oppervlak.

Met die korrekte bestuur kan tot 500 000 miljoen ton stokvis per jaar gevang word.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel

[wysig | wysig bron]