Rooiribbok
Voorkoms
Rooiribbok | |
---|---|
Fluite in die Koninklike Natalse N. P. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | R. fulvorufula
|
Binomiale naam | |
Redunca fulvorufula | |
R. f. adamauae R. f. chanleri R. f. fulvorufula |
Die rooiribbok (Redunca fulvorufula) is 'n mediumgrootte-wildsbok wat in bergagtige gebiede in Afrika suid van die Sahara aangetref word.
Volwasse rooiribbokke het 'n gemiddelde hoogte van 75 cm en weeg ongeveer 25 kg. Ramme het twee ietwat gekromde horings wat tot 23 cm lank kan wees.
Die ooi kry telkens een lammetjie. Rooiribbokke kan tot 8 jaar oud word.
Alhoewel hy 'n "rooiribbok" heet, is hierdie bok nouer verwant aan die rietbok as aan die vaalribbok.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere
- Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name
- Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- IUCN SSC Antelope Specialist Group (2008). Redunca fulvorufula. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 5 April 2009.
- Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. ISBN 0-86953-027-5.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir rooiribbok.