American Institute of Architects

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

OctagonHouse-Washington-DC DSC6648.jpg

American Institute of Architects (AIA)


Washington, DC
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State



Stigting

23 Februarie 1857


Tipe

Nie-regeringsorganisasie (NRO)


Hoof uitvoerende beampte

Robert A. Ivy, FAIA


AIA Voorsitter

Thomas V. Vonier, FAIA


Webtuiste
www.aia.org

Die American Institute of Architects (AIA) is die leidende beroepsorganisasie van Amerikaanse argitekte wat in 1857 deur dertien argitekte in New York gestig is en sy hoofkwartier sedert 1898 in die historiese Octagon House in Washington, DC gehad het (tans in die American Center for Architecture, 'n moderne kantoorgebou vlakby Octagon House wat in die 1960's opgerig is).

Die AIA se ledetal van meer as 90 000 sluit gelisensieerde argitekte (AIA - Licensed Architects), beroepslui in bouverwante beroepe soos bou-ingenieurs en vennote in wat in meer as 300 afdelings op deelstaat- en plaaslike vlak georganiseer is. Die eerste internasionale AIA-afdeling vir Amerikaanse argitekte en praktyke, wat in die buiteland werksaam is, is in 1993 in Londen gevestig. Later het afdelings in vastelandse Europa (1994), Hong Kong (1997), Japan (2005), die Midde-Ooste (2010) en Shanghai (2015) gevolg.[1]

Die AIA voer 'n verskeidenheid programme deur ter bevordering van die argiteksberoep. Sy aktiwiteite sluit ook die toekenning van eerbewyse en pryse in soos die AIA se Goue Medalje en die Architecture Firm Award. Die AIA tree daarnaas as gasheer op van die jaarlikse AIA National Convention and Design Exposition, een van die grootste vergaderings van argitekte en professionele ontwerpers in die Verenigde State. In 2017 het Orlando in Florida tussen 27 en 29 April as gasheerstad opgetree. Die volgende vergadering sal tussen 21 en 23 Junie 2018 in New York Stad gehou word.[2]

Verwysings[wysig | wysig bron]