Aranees
Aranees Aranès | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Spanje | |
Gebied: | Suid-Europa | |
Totale sprekers: | 5 000 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Romaans Wes-Romaans Galloiberies Galloromaans Oksitaans-Romaans Oksitaans Aranees | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Val d'Aran (Katalonië) | |
Gereguleer deur: | Congrès Permanent de la Lenga Occitana[1] | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | oc | |
ISO 639-2: | oci | |
ISO 639-3: | oci | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Aranees (Oksitaans: Aranés Aranees: Aranès) is 'n Pirenese variëteit van die Gascons dialek van die Oksitaanse taal wat in die Aranvallei, Val d'Aran, in noordwes Katalonië in Spanje gepraat word waar dit een van die drie amptelike tale benewens Katalaans en Spaanse is. In Katalonië word dit saam met Spaans en Katalaans as amptelike taal erken, waardeur dit een van die amptelike tale van Spanje is.
Vir lank is daar gevrees vir die voortbestaan van Aranees, maar sedert dit in 1984 op skool aangebied word beleef die taal 'n oplewing. 90% van die inwoners van die Val d'Aran verstaan Aranees terwyl 65% dit aktief gebruik. As gevolg van die mede-amptelike status is die Aranese variëteit tans een van die sterkste spelers in die Oksitaanse sfeer, al het die taal minder as 5000 sprekers. 'n Aranees-Engels/Engels-Aranees woordeboek is in 2006 gepubliseer en 'n Aranese Taalkunde gids (Gramatica aranesa) in Maart 2007.
Meeste Aranese is ook vlot in Katalaans, Spaans, en tot 'n mindere mate in Frans.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Congrès permanent de la langue occitane / Congrès permanent de la lenga occitana - Un nouvel organisme de régulation de l'occitan au service des usagers et des locuteurs". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Januarie 2012. Besoek op 15 April 2012.
- Le Gascon de poche, Jean-Marc Leclercq & Sèrgi Javaloyès, Assimil 2004, ISBN 2-7005-0345-7
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]