Arnold Schwarzenegger

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Arnold Schwarzenegger
Arnold Schwarzenegger

Schwarzenegger in September 2017


38ste Goewerneur van Kalifornie
Ampstermyn
17 November 2003 – 3 Januarie 2011
Voorafgegaan deur Gray Davis
Opgevolg deur Jerry Brown

Persoonlike besonderhede
Geboorte 30 Julie 1947 (1947-07-30) (71 jaar oud)
Thal, Stiermarke, Oostenryk
Politieke party Republikeinse Party
Eggenoot/eggenote Maria Shriver (1986–2011)
Kind(ers) 2 dogters, 3 seuns
Religie Rooms-Katolieke Kerk
Handtekening Arnold Schwarzenegger Signature.svg
Schwarzenegger en president Ronald Reagan in 1984

Arnold Schwarzenegger Alois (Engelse uitspraak: [ˈʃvɑːrtsənɛɡər]; Duits: [ˈaɐ̯nɔlt ˈʃvaɐ̯tsn̩ˌʔɛɡɐ]; gebore 30 Julie 1947 in Thal, Stiermarke) is 'n Oostenryks-Amerikaanse akteur, rolprentvervaardiger, entrepreneur, belegger, skrywer, filantroop, aktivis, politikus en voormalige professionele liggaamsbouer. Hy het twee ampstermyne lank, tussen 2003 en 2011, die amp van 38ste goewerneur van die Amerikaanse deelstaat Kalifornië beklee. Hy woon tans in Los Angeles, Kalifornië.

Schwarzenegger het in die Oostenrykse weermag gedien, waarna hy na München in Duitsland verhuis het. Daar het hy dikwels in 'n gimnasium geslaap, omdat hy nie 'n huis gehad het nie.

In 1968 verhuis Schwarzenegger na die Verenigde State van Amerika, waar hy later 'n akteur word. Hy het in verskeie rolprente opgetree, insluitend die Terminator-reeks.

In 1971 sterf Schwarzenegger se halfbroer aan moederskant, Meinhard, in 'n motorongeluk. Meinhard het dronk bestuur.

Nadat Gray Davis in 2003 herroep is (van sy amp onthef is), word Schwarzenegger die goewerneur van Kalifornië. Hy het die pos tot Januarie 2011 beklee, waarna hy deur Jerry Brown opgevolg is.

Gedurende sy tyd as goewerneur het hy gesê dat Ronald Reagan sy rolmodel is. Hy het Ronald Reagan-dag as 'n vakansiedag in Kalifornië geproklameer. Hy het ook Reagan se begrafnis bygewoon nadat hy in 2004 oorlede is. Hy was 'n goeie vriend van Nancy Reagan.

Schwarzenegger is in 1986 met Maria Shriver getroud, maar hulle skei in 2011. Hulle het twee dogters, Katherine en Christina, en twee seuns, Patrick en Christopher. Hy het ook 'n seun by 'n ander vrou.

Voor sy loopbaan as 'n akteur was Schwarzenegger 'n kragman en liggaamsbouer. Hy het die Mister Olympia-titel sewe keer gewen. Schwarzenegger het ook sy eie kompetisie, die Arnold Classic ingestel.

Goewerneur van Kalifornië[wysig | wysig bron]

In 2003 het Arnold Schwarzenegger die ampseed as 38ste goewerneur van Kalifornië afgelê. Sy verkiesing het in buitegewone omstandighede plaasgevind nadat Kaliforniese kiesers in 'n stemming, 'n sogenaamde recall election, die ampstermyn van sy voorganger Gray Davis voortydig beëindig het. Dit was die tweede van slegs drie recall elections in die geskiedenis van die Verenigde State. Gray, wat aanvanklik baie gewild was by kiesers, is later geblameer vir Kalifornië se ernstige energiekrisis waartydens beurtkrag toegepas moes word asook die ekonomiese insinking en begrotingskrisis wat op die Dot-comvoorspoedgolf gevolg het. Daarnaas het Kaliforniers ook hul misnoeë oor 'n nuwe belasting op motors, Davis se fondsinsameling en negatiewe verkiesingsveldtog getoon.

Gedurende sy ampstermyn het Schwarzenegger op vernuwende leierskap en buitegewone openbare dienslewering gefokus. Sy belangrikste prestasies sluit in:

  • die Global Warming Solutions Act of 2006 - 'n wet wat volgens 'n ooreenkoms tussen die Republikeinse en Demokratiese Party in 2006 afgekondig is om globale verwarming die hoof te bied en 'n vermindering in die vrystelling van kweekhuisgasse in Kalifornië behels het;
  • 'n hersiening van die deelstaat se loon- en salarisstelsel waardeur koste met 35 persent verminder is;
  • die Strategic Growth Plan (Strategiese Groeiplan) wat vir die eerste keer in dekades voorsiening gemaak het vir openbare beleggings in Kalifornië se verouderende infrastruktuur asook die vermindering van verkeersopeenhopings en lugbesoedeling;
  • die Hydrogen Highway and Million Solar Roofs Plan wat voorsiening gemaak het vir 'n netwerk van waterstof-vulstasies en die bevordering van sonpanele as alternatiewe kragbron; en
  • die afkondiging van die Safe, Clean and Reliable Drinking Water Supply Act of 2010 om die voorsiening van skoon drinkwater in die deelstaat te verseker.

Filmografie[wysig | wysig bron]

Ster wat vir hom op Hollywood se Walk of Fame aangebring is
Schwarzenegger met sy seun
Schwarzenegger en sy vrou
  • The Expendables 3 (2014) – Trent Mauser
  • Sabotage (2014) – John "Breacher" Wharthon
  • Escape Plan (2013) – Rottmayer
  • The Last Stand (2013) – Sherrif Ray Owens
  • The Expendables 2 (2012) – Trent Mauser
  • The Expendables (2010) – Trent Mauser
  • The Kid & I (2005) – Arnold Schwarzenegger
  • Around the World in 80 Days (2004) – Prins Hapi
  • Terminator 3: Rise of the Machines (Videospeletjie, 2003) – The Terminator (stem)
  • The Rundown (2003) – Bar Patron (Nie gekrediteer)
  • Terminator 3: Rise of the Machines (2003) – Terminator
  • Liberty's Kids: Est. 1776 TV-reeks – Baron von Steuben (Episode onbekend, 2002–2003)
  • Collateral Damage (2002) – Gordy Brewer
  • Dr. Dolittle 2 (2001) – White Wolf (stem, nie gekrediteer)
  • The 6th Day (2000) – Adam Gibson
  • End of Days (1999) – Jericho Cane
  • Batman & Robin (1997) – Mr. Freeze/Dr. Victor Fries
  • Jingle All the Way (1996) – Howard Langston
  • Eraser (1996) – U.S. Marshal John 'The Eraser' Kruger
  • T2 3-D: Battle Across Time (1996) – The Terminator
  • Junior (1994) – Dr. Alex Hesse
  • True Lies (1994) – Harry Tasker
  • Last Action Hero (1993) – Jack Slater/Homself
  • Lincoln (TV-film, 1992) – John G. Nicolay (stem)
  • Christmas in Connecticut (TV-film, 1992) – Man in stoel voor media-trok (nie gekrediteer)
  • Terminator 2: Judgment Day (Videogame, 1992) – The Terminator
  • Terminator 2: Judgment Day (1991) – The Terminator 'T800'/Uncle Bob
  • Kindergarten Cop (1990) – John Kimble
  • Total Recall (1990) – Douglas Quaid/Hauser
  • Tales from the Crypt TV-reeks – X-Con (Episode The Switch, 1990)
  • Twins (1988) – Julius Benedict
  • Red Heat (1988) – kapt. Ivan Danko
  • The Running Man (1987) – Ben Richards
  • Predator (1987)
  • Raw Deal (1986) – Mark Kaminsky, aka Joseph P. Brenner
  • Commando (1985) – John Matrix
  • Red Sonja (1985) – Kalidor
  • The Terminator (1984) – The Terminator
  • Conan the Destroyer (1984) – Conan
  • Conan the Barbarian (1982) – Conan
  • The Jayne Mansfield Story (TV-film, 1980) – Mickey Hargitay
  • Scavenger Hunt (1979) – Lars, Gim-instrukteur
  • The Villain (1979) – Handsome Stranger
  • The San Pedro Beach Bums TV-reeks – kragman (Episode Lifting Is My Life, 1977)
  • The Streets of San Francisco TV-reeks – Josef Schmidt (Episode Dead Lift, 1977)
  • Pumping Iron (1977)
  • Stay Hungry (1976) – Joe Santo
  • Happy Anniversary and Goodbye (TV-film, 1974) – Rico
  • The Long Goodbye (1973) – skurk in kantoor (nie gekrediteer)
  • Hercules in New York (1970) – Hercules

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]