Bell, Oos-Kaap
Voorkoms
Bell | |
---|---|
Gehug | |
Koördinate: 33°15′0″S 27°21′0″O / 33.25000°S 27.35000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distriksmunisipaliteit | Amathole |
Plaaslike Munisipaliteit | Ngqushwa |
Stigting | 1857 |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | 5605 |
Bell is 'n klein dorpie in die Oos-Kaap van Suid-Afrika. Die dorpie is net noord van Wesley op die R72-hoofpad.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die dorpie is in 1857 gestig vir uitgetrede soldate van die Koning se Duitse Legioen wat hier op plase gevestig is, nadat hulle in die Krimoorlog geveg het. Die nuwe nedersetting (sowel as Bellville) is na Charles Davidson Bell, die destydse landmeter-generaal vernoem.