Keimond
Keimond Kei Mouth | |
---|---|
Uitsig op Keimond van die heuwel af. | |
Koördinate: 32°40′S 28°22′O / 32.667°S 28.367°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Amathole |
Munisipaliteit | Groot Kei |
Stigting | 1822 |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,07 km2 (0,80 vk. myl) |
Hoogte | 6,5 m (21,3 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 291 |
• Digtheid | 141/km2 (370/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 91.4% |
• Indiërs/Asiërs | 0.7% |
• Swart mense | 7.6% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Engels | 64.2% |
• Afrikaans | 29.0% |
• Xhosa | 4.3% |
• Tswana | 1.1% |
• Ander | 1.4% |
Poskode (strate) | 5260 |
Poskode (posbusse) | 5260 |
Skakelkode | 043 |
Keimond is 'n vakansiedorp geleë langs die monding van die Groot-Keirivier, 94 km noord-oos van Oos-Londen aan die Wildekus van die Oos-Kaap, Suid-Afrika.
Die nedersetting van Keimond is deur die Britte geskep ná die 8ste Grensoorlog, as deel van die voorste linie van 'n buffersone wat gemik was op die beskerming van Brits-Kaffraria teen die strydende Xhosa-stamme.
In 1930 het Huberta, die bekende seekoei, haar in die Keirivier net bokant die derde grot tuisgemaak. Sy is uiteindelik verjaag en het haar reis na die suide voortgesit.
Sport
[wysig | wysig bron]Rolbal en gholf is gewilde tydverdrywe in Keimond. Die Keimond Buiteklub het 'n 12-putjie gholfbaan asook 'n rolbal- en muurbalbaan aangrensend aan die kampterrein.
Ander sportaktiwiteite sluit in bergfietsry, perdry en watersport soos swem, hengel, roei, seilplankry en seiljagvaart.
Toerisme
[wysig | wysig bron]Die ekonomie van Keimond draai hoofsaaklik om toerisme as gevolg van sy ligging op die suidelike ingang na die voormalige Transkei. Alhoewel baie van die inwoners afgetredenes is, word 'n beduidende deel van die behuising as vakansiehuise deur gesinne in die binneland besit. Daar is verskeie akkommodasiegeriewe, 'n munisipale kampterrein, twee restaurante en kroeë, twee klein supermarkte en 'n vulstasie.
Fotogalery
[wysig | wysig bron]-
Strand en rotse van Keimond.
-
Die hoofstraat in Keimond.
-
Die mond van die Keirivier, waarna Keimond vernoem is.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Keimond". Sensus 2011.