Kentani

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kentani
Ligging van Kentani op 'n kaart (Oos-Kaap)
Kentani
Kentani
 Kentani se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 32°31′0″S 28°19′0″O Koördinate: 32°31′0″S 28°19′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distrik Amathole
Munisipaliteit Mnquma
Oppervlak[1]
 - Dorpie 4,39 km²  (1,7 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorpie 1 456
 - Digtheid 332/km² (859,9/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 96.2%
 • Kleurling 0.8%
 • Indiër/Asiër 0.2%
 • Blank 1.1%
 • Ander 1.7%
Taal (2011)[1]
 • Xhosa 93.2%
 • Engels 1.7%
 • Ander 5.1%
Skakelkode(s) 047

Kentani is 'n klein dorpie in die voormalige Transkeistreek, Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie lê tussen die kus en Butterworth. Die dorpie is vernoem na 'n plaaslike hoofman wat sy hoofkwartier op 'n nabygeleë koppie gehad het. Die koppie se naam was kwaCentane "die plek van Centane".

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Dit is waar die laaste slag van die negende en laaste grensoorlog (1877-1878) plaasgevind het. Op 7 Februarie 1878 het ongeveer 5 000 Gcaleka en Ngqika onder bevel van aanvoerders Sandile en Sarhili die fort aangeval. Kaptein R Upcher was in bevel van die garnisoen van 'n 1 000 man; die helfte was Fingo's. Die aanvallers is deur hulle toordokter oortuig dat hulle teen koeëls bestand was gevolglik het hulle 'n massa aanval gedoen. Die gevolg was dat meer as 300 van die aanvallers gedood was en die res verstrooi en tot in die berge agtervolg is. Sandile het na die Groot-Keirivier gevlug.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Kentani”. Sensus 2011.