Berbers

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taalfamilie, sien Berbertale.
Berber
Berbers Mosaic.jpg
V.l.n.r.: Ptolemy • Masinissa • Juba I • Tariq ibn Ziyad • Abd al-Qadir • Augustine of Hippo • Ibn Battuta • Apuleius • Idir • Kateb Y. Nedjma • Muhammad Ibn 'Abd al-Karim al-Khattabi • Mustapha Benboulaïd • Loreen • Hindi Zahra • Karim Benzema • Zinedine Zidane
Totale bevolking: ca. 36 miljoen[1]
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Marokko Marokko ≈20 miljoen (60%)[2][3][4][5]

Vlag van Algerië Algerië ≈13 miljoen (35%)[4][6]
Vlag van Niger Niger 1,6 miljoen[7]
Vlag van Frankryk Frankryk 1,5 miljoen[8]
Vlag van Mali Mali 850 000[9]
Vlag van Libië Libië 600 000[10]
Vlag van Mauritanië Mauritanië 114 000[11]
Vlag van Tunisië Tunisië 110 000[12]
Vlag van Burkina Faso Burkina Faso 50 000[13]
Vlag van Egipte Egipte 34 000[14]
Vlag van Israel Israel 3 500[15]

Taal: Berbertale, Arabies, Frans
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Soennitiese Islam, daarbenewens ongebonde en Ibadi
Verwante etniese groepe: Iberiërs,[16] Pikte,[16] Tartessos, Same,[17] ander Afro-Asiatiese volke[18][19][20][21][22][23][24]
Vlag van die Berber[25]
Verspreiding van Berbertale:
██ Tacawit (Sjawiya) ██ Tamazight (Sentraal-Atlas) ██ Tanfusit (Nafusi) ██ Taqbaylit (Kabilies) ██ Tarifit (Riffiaans) ██ Tasjelhit (Sjilha) ██ Tasjenwit (Sjenwa) ██ Tuareg ██ Tuddungiyya (Zenaga) ██ Ander (Wargla, Mzab, Siwa, ens.)

Die Berber (Berbers: ⵉⵎⴰⵣⵉⵖⵏ Imaziɣen, enkelvoud: ⴰⵎⴰⵣⵉⵖ Amaziɣ/Amazigh) is 'n etniese groep inheems aan Noord-Afrika wat Berbertale praat. Hulle is versprei in 'n gebied wat strek van die Atlantiese Oseaan in die weste tot die Siwa-oase in Egipte in die ooste en van die Middellandse See in die noorde tot die Nigerrivier in die suide. Lande met 'n belangrike Berberbevolking sluit in Algerië, Libië, Mali, Marokko, Mauritanië, Niger en Tunisië. In die lande van die Magreb, waar die Arabiere die meerderheid vorm, vorm die Berber die belangrikste minderheid.

Die Berber vorm die inheemse bevolking van Noord-Afrika en eerste verwysings stam van beide die Antieke Egipte en Antieke Griekeland. Die Griekse historikus en skrywer Herodotos het hulle in sy bekende Histories opgeteken. Oor eeue heen het Berber die kus vanaf die Atlantiese Oseaan tot Egipte bewoon en het afwisselend onder die heerskap van die Fenisiërs, Romeinse Ryk, Vandale, Alane en die Bisantynse Ryk gekom.

Nog voor die Arabiese verowering van die Magreb onder die Rasjidoen-kalifaat en die Omajjadiese Kalifaat het die Berber die belangrikste bevolkingsgroep in Noord-Afrika gevorm. Sedertdien word die gebied deur die Arabiere oorhers en Arabies is die belangrikste taal. As gevolg daarvan is die Berbergebied gefragmenteer en hulle het die Islam as hul geloof aangeneem. Arabiere en Berber het die Iberiese Skiereiland in 711 verower en aansluitend daar gevestig. Hulle het die Islamitiese ryk van Al-Andalus gekenmerk en pragtige paleise soos die Alhambra in Granada opgerig.

Na die Christelike Reconquista van Portugal en Spanje in 1492 is die Berber van die Iberiese Skiereiland verdryf en hulle het weer in Noord-Afrika gevestig. As gevolg van die Franse verowering van groot dele van Noord-Afrika het die Berber onder Franse invloed gekom en Frans 'n belangrike vreemde taal geword. Vandag leef sowat 1,5 miljoen Berbers in Frankryk.

Aangesien die meeste Berbers in gebiede woon wat moeilik toeganklik is, is daar min nywerhede in hulle woongebiede. Daar is egter potensiaal vir uitbreiding ten opsigte van hulle handwerk. Dit behels ook produkte wat as " kunsnywerheidsartikels" aan toeriste verkoop word en selfs in die buiteland bemark kan word. Die Berbers se pottebakkerswerk het nie ver ontwikkel nie, maar slaag miskien tog juis deur die eenvoud daarvan. Hulle vlegwerk (hoede, mandjies en matte) oortref selde die peil van goedkoop gebruiksartikels. Die doeke en komberse van die Berbers het 'n eie karakter. Dit word geweef met inslag van dik woldrade op 'n skering van baie dun katoendraad. Verskillende kleure word gebruik en die ontwerpe bestaan uit eenvoudige geometriese patrone. Die tradisionele kleurkombinasie vir mans is wit, grys, swart en bruin. Vroue gee weer voorkeur aan 'n kombinasie van wit met een of helderder primêre kleure, afhangende van die plaaslike kleredrag.

Bronnelys[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Native Peoples of the World: An Encyclopedia, Ed. Steven, L. Danver, M.E. Sharpe/Mesa Verde Publishing, 2013, bl. 23
  2. (en) "Berber - Minority Rights". Minority Rights. 
  3. (en) Morocco's Berbers Battle to Keep From Losing Their Culture / Arab minority forces majority to abandon native language. Peter Prengaman, Chronicle Foreign Service. 16 Maart 2001 [1]
  4. 4,0 4,1 (fr) "Les Berbères en Afrique du Nord". 
  5. (en) Teens in Morocco, Sandy Donovan, Compass point books, Minneapolis, Verenigde State, 2008, bl.42
  6. (en) "Algeria reinstates term limit and recognises Berber language". BBC News. 
  7. (en) "The World Factbook". Central Intelligence Agency. 
  8. (fr) http://centrederechercheberbere.fr/tl_files/doc-pdf/berbere_france.pdf
  9. (en) "The World Factbook". Central Intelligence Agency. 
  10. (en) Karlos Zurutuza. "Libya's Berbers fear ethnic conflict". Al Jazeera. 
  11. (en) "Tuareg, Tamasheq in Mauritania". Joshua Project. 
  12. (en) "The World Factbook". Central Intelligence Agency. 
  13. (en) "Tuareg, Tamasheq in Burkina Faso". Joshua Project. 
  14. (en) "Berber, Siwa in Egypt". Joshua Project. 
  15. (en) Shokeid, Moshe. The Dual Heritage: Immigrants from the Atlas Mountains in an Israeli Village.
  16. 16,0 16,1 (en) Hogben, Lancelot. "Human biology and human speech" (pdf). Universiteit van Birmingham. Verkry op 12 September 2015. 
  17. (en) Alessandro Achilli among others. "Saami and Berbers, An Unexpected mitochondrial DNA Link" (pdf). American Journal of Human Genetics. Verkry op Mei 2005.  Gaan datum na in: |access-date= (help)
  18. (en) Blench, Roger. Archaeology, Language, and the African Past. Rowman: Altamira, 2006 ISBN 9780759104662
  19. (en) Diakonoff, Igor. The Earliest Semitic Society: Linguistic Data. Journal of Semitic Studies, Vol. 43 Iss. 2 (1998).
  20. (en) Shirai, Noriyuki. The Archaeology of the First Farmer-Herders in Egypt: New Insights into the Fayum Epipalaeolithic and Neolithic. Leiden University Press, 2010. ISBN 9789087280796.
  21. (en) Blench R (2006) Archaeology, Language, and the African Past, Rowman Altamira, ISBN 0-7591-0466-2, ISBN 978-0-7591-0466-2, books.google.be/books?id=esFy3Po57A8C
  22. (en) Ehret C, Keita SOY, Newman P (2004) The Origins of Afroasiatic a response to Diamond and Bellwood (2003) in the Letters of SCIENCE 306, no. 5702, bl. 1680 doi:10.1126/science.306.5702.1680c
  23. (en) Bender ML (1997), Upside Down Afrasian, Afrikanistische Arbeitspapiere 50, bl. 19-34
  24. (ru) Militarev A (2005) Once more about glottochronology and comparative method: the Omotic-Afrasian case, Аспекты компаративистики - 1 (Aspects of comparative linguistics - 1). FS S. Starostin. Orientalia et Classica II (Moscow), bl. 339-408. http://starling.rinet.ru/Texts/fleming.pdf
  25. (en) "Berbers". Flags of the World. 9 Junie 2014. Verkry op 18 Februarie 2016. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]