Boel-ghieliemientjie
Voorkoms
Boel-ghieliemientjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. wittei
|
Binomiale naam | |
Coptostomabarbus wittei |
Die Boel-ghieliemientjie (Coptostomabarbus wittei) is 'n varswatervis wat voorkom in die Okavangodelta, die boonste gedeelte van die Zambezirivier, die vloedvlaktes van die Kafuerivier en die Lualabarivier, 'n sytak van die Kongorivier.
In Engels staan die vis bekend as die Upjaw barb.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die bek is opmerklik, skuins en die tong is goed ontwikkel. Die oë is groot. Die vis is deurskynend pienk of bruin en word rooi gedurende die broeiseisoen. Die vis het geen baarde nie en word tot 40 mm lank.
Habitat
[wysig | wysig bron]Die vis leef in moerasse en vloedvlaktes in vlak water met digte plantegroei. Hulle vreet planktoniese organismes.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1