Boskoorsboom

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Boskoorsboom
Anthocleista grandiflora, loof en vrugte, Manie vd Schijff BT, a.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
A. grandiflora
Binomiale naam
Anthocleista grandiflora

Die boskoorsboom (Anthocleista grandiflora) is 'n immergroen boom wat in die Laeveld van Suid-Afrika voorkom. Die boom is hoog, skraal, hoog op vertak en word tot 30 m hoog. Dit groei in bergwoudrande, beskutte klowe en rivieroewers. Die bas is liggrys en glad. Die blare is enkelvoudig, baie groot en aan takpunte saamgebondel. Hulle voorkoms is glansend donkergroen aan die bokant en ligter onder. Die vrug is 'n groen bessie ongeveer so groot soos 'n druiwekorrel. Vrugtevlermuise, loeries en neushoringvoëls vreet graag die vrugte. Die blomme is roomwit, tulpvormig en ruik na jasmyn. Blomme word gedra as vertakte, eindstandige trosse van September tot Januarie.

'n Boskoorsboom
Loof
Bloeisels

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]