Conophytum auriflorum

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Conophytum auriflorum
Conophytum auriflorum ssp. turbiniformis GotBot 2015 001.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
C. auriflorum
Binomiale naam
Conophytum auriflorum
Tischer

Conophytum auriflorum is 'n dwergplantjie, 'n knopie uit die vygies-familie. Op die SANBI-rooilys word twee in Suid-Afrika endemiese ondersoorte gegee wat altwee as seldsaam gelys is, omrede hulle net in beperkte gebiede in die sukkulente Karoo van die Noord-Kaap voorkom, maar daar nie bedreig word nie.

Dit is dwergplante wat uitsien as klein suiltjies en hulle is baie goed aangepas aan die Karoo se droë klimaat. Die blomme is goudgeel soos die wetenskaplike naam auriflorum sê. Hulle is gunstelinge onder mense wat vetplante kultiveer, maar hulle is nie maklik te hou nie. In die winter groei hulle veral deur die mis wat hulle vog bring. Te veel vog doen hul velletjie bars en dit veroorsaak littekens. In die somer rus hulle en moet hulle baie min water kry.[3]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2020.
  2. "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2017.
  3. "llife" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 September 2019.

Adromischus leucophyllus 01.jpgVan hierdie endemiese spesie ontbreek die Afrikaanse naam. Help ons asseblief om dit te vind.