De Wet Hugo
De Wet Hugo (gebore 26 November 1982) is 'n Suid-Afrikaanse skrywer van jeuglektuur.[1][2]
Biografie
[wysig | wysig bron]De Wet Hugo is op 26 November 1982 op Worcester in die Boland gebore. Hy het drie ouer susters en hulle het op die plaas Spes Bona, tussen Worcester en Villiersdorp, grootgeword. Nadat hy sy laerskoolloopbaan op Worcester voltooi het, het hy in die Paarl gematrikuleer. Hierna het hy 'n onderwysgraad aan die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie op Wellington en 'n nagraadse kwalifikasie aan die Universiteit Stellenbosch verwerf.
In 2006 het hy sy onderwysloopbaan by Laerskool Ysterplaat in Kaapstad begin en van 2007 tot 2009 het hy by Laerskool De Hoop op Somerset-Wes skoolgehou. Gedurende hierdie tydperk het hy sy liefde vir skryf ontdek en het hy Marianna Brandt se kinderboekskryfkursus bygewoon. Kort hierna het hy 'n paar episodes vir die kinderprogram Cool Catz op E-TV geskryf.
In 2010 het hy besluit om as onderwyser in die buiteland te gaan werk en na Djedda in Saoedi-Arabië vertrek, waar hy vir twaalf jaar by 'n Britse Internasionale Skool gewerk het. Tans bevind Hugo hom in Hangzhou, China waar hy Engels aan Wellington College onderrig.
Skryfwerk
[wysig | wysig bron]Jaar | Publikasie | Reeks | Uitgewer |
---|---|---|---|
2018 | Die vloek van Vreesbaai | Grilgrypers | Human & Rousseau (NB) |
2018 | Web van die mummie | Grilgrypers | Human & Rousseau (NB) |
2018 | Kamp vir monsters | Grilgrypers | Human & Rousseau (NB) |
2019 | Die meisie in die maanlig | Grilgrypers | Human & Rousseau (NB) |
2019 | Die groen watergraf | Grilgrypers | Human & Rousseau (NB) |
2020 | Die gevaarlikste speletjie op aarde | Kies-jou-avontuur | Human & Rousseau (NB) |
2020 | Die geheim van die spookwerf | Grilgrypers | Human & Rousseau (NB) |
2021 | Die gevaarlikste boek op aarde | Kies-jou-avontuur | Human & Rousseau (NB) |
2021 | Die gevaarlikste fliek op aarde | Kies-jou-avontuur | Human & Rousseau (NB) |
2022 | Katastrofe | Human & Rousseau (NB) | |
2022 | Catastrophe | Human & Rousseau (NB) | |
2022 | Lekkerlag-pretboek | Human & Rousseau (NB) | |
2022 | Die holderstebolder hondepartytjie | Kinkels en keuses | Human & Rousseau (NB) |
2023 | Die belaglike bak en brou bohaai | Kinkels en keuses | Human & Rousseau (NB) |
2023 | Hoe gril ek nou! (saam met Francois Bloemhof) | Human & Rousseau (NB) | |
2024 | Die ongelooflikste sending | Luca (Penguin Random House) | |
2024 | Die maniese muskietmoles | Kinkels en keuses | Human & Rousseau (NB) |
2024 | Die doodgewone bure | Human & Rousseau (NB) | |
2025 | Die dertiende dag in Chengdu | Lapa (Penguin Random House) |
Jaar | Publikasie | Samesteller/s | Uitgewer |
---|---|---|---|
2015 | Skrik op die lyf | Gerda Taljaard en Deborah Steinmair | Tafelberg (NB) |
2015 | Rympies vir pikkies en peuters | Riana Scheepers, Suzette Kotzé-Myburgh en Gertie Smit | Tafelberg (NB) |
2016 | Seesand en Koekies | Marianna Brandt | Shuter & Shooter |
2017 | Skool is 'n riller | Marianna Brandt | Human & Rousseau (NB) |
2017 | Liedjies vir pikkies en peuters | Gertie Smit | Tafelberg (NB) |
2017 | Rympies vir kleintjies en kleuters | Riana Scheepers, Suzette Kotzé-Myburgh en Gertie Smit | Tafelberg (NB) |
2019 | Bybelliedjies vir kleintjies en kleuters | Gertie Smit | Tafelberg (NB) |
2021 | Ingonyama en ander maats met leeueharte | Carin Krahtz | Best Books (NB) |
2021 | Blinkertjies in Pa se baard en ander skitterende stories | Marieta Nel | Lapa (Penguin Random House) |
2021 | Die skool vir rampspoedige talente ander gelukkige stories | Marieta Nel | Lapa (Penguin Random House) |
2022 | Tyd is 'n b**ksem en ander belaglik lekker tekste | Marieta Nel | Lapa (Penguin Random House) |
2024 | Om teen treine te skree | Tanya Viviers | Best Books (NB) |
Jaar | Titel | Reeksnaam | Uitgewer |
---|---|---|---|
2023 | Plaasdiere | Soek in die boek | Human & Rousseau (NB) |
2023 | Wilde diere | Soek in die boek | Human & Rousseau (NB) |
2024 | Troeteldiere | Soek in die boek | Human & Rousseau (NB) |
2024 | Dinosourusse | Soek in die boek | Human & Rousseau (NB) |
Skryftoekennings
[wysig | wysig bron]Toekenning | Jaar | Boek | Uitgewer |
---|---|---|---|
ATKV Woordveertjie | 2021 | Grilgrypers 6: Die geheim van die spookwerf | Human & Rousseau (NB) |
ATKV Woordveertjie | 2023 | Kinkels en keuses 1: Die holderstebolder hondepartytjie | Human & Rousseau (NB) |
NB Jeugboekprys | 2024 | Die doodgewone bure | Human & Rousseau (NB) |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "De Wet Hugo vertel oor sy skryfwerk". Netwerk24. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2018. Besoek op 14 April 2018.
- ↑ "Dié skrywer weet hoe om jong lesers te laat ril". Maroela Media. 25 Julie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2019. Besoek op 27 Julie 2019.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Amptelike webwerf
- De Wet Hugo op Facebook
- Profiel Geargiveer 8 September 2018 op Wayback Machine op NB Uitgewers
- Lokprent vir Grilgrypers 1: Die vloek van Vreesbaai op YouTube
- http://versindaba.co.za/tag/de-wet-hugo/ Geargiveer 3 Oktober 2018 op Wayback Machine
- https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/dit-gaan-lees-laat-dit-ril-20180330
- https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boek-grilgrypers-1-die-vloek-van-vreesbaai/
- https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/monster-van-n-boek-laat-tone-krul-20180429
- https://www.litnet.co.za/jong-lesers-grilgrypers-1-die-vloek-van-vreesbaai-deur-de-wet-hugo/