Disa karooica
Voorkoms
Disa karooica | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Orchidaceae |
Subfamilie: | Orchidoideae |
Genus: | Disa |
Spesie: | D. karooica
|
Binomiale naam | |
Disa karooica S.D.Johnson & H.P.Linder, (1995)
|
Disa karooica is 'n meerjarige plant en geofiet wat tot die genus Disa behoort en is deel van die fynbos en renosterveld. Die plant is endemies aan die Noord-Kaap en word gevind in Namakwaland en op die Roggeveld-plato. Daar is ook geïsoleerde populasies by Springbok, Kamiesberg en Sutherland. Die spesie word beskou as seldsaam en word bedreig deur oorbeweiding en gewasverbouing in die Kamiesberg omgewing.