Drakensbergkransakkedis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Drakensbergkransakkedis
'n Mannetjie in die uKahlamba-Drakensbergpark op die Lesothogrens
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Reptilia
Orde: Squamata
Suborde: Lacertilia
Familie: Cordylidae
Genus: Pseudocordylus
Spesie: P. subviridis
Binomiale naam
Pseudocordylus subviridis
(Smith, 1838)

Die Drakensbergkransakkedis (Pseudocordylus subviridis) is 'n akkedis wat endemies is aan Suid-Afrika. Dit word aangetref in die Drakensberg, die Golden Gate, Naudésnek en Wakkerstroom. Dit is voorheen beskou as 'n subspesie van die Hoëveldkransakkedis (P. melanotus) wat in die oos-Vrystaat, Gauteng, en die binneland van noord en wes KwaZulu-Natal voorkom.

'n Drakensbergkransakkedis in die uKahlamba-Drakensbergpark
'n Mannetjie Drakensbergkransakkedis

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die reptiel is middelgroot met 'n plat lyf en 'n groot driehoekige kop terwyl die skubbe op die stert stekelrig is. Die mannetjie is helderder as die wyfie en die sye is heldergeel. Die akkedis vreet insekte, spinnekoppe, bessies en blomme.

Bron[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]