Duine-olienhout

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Duine-olienhout
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
(klade): Angiosperms
(klade): Eudicots
(klade): Asterids
Orde: Lamiales
Familie: Oleaceae
Genus: Olea
Spesie: O. exasperata
Binomiale naam
Olea exasperata
Jacq.

Die Duine-olienhout (Olea exasperata) is 'n struik wat tot 7 m hoog word en voorkom aan die suidkus van Suid-Afrika. Dit is endemies aan Suid-Afrika. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig (LC) gelys.[1]

Die struik het dun leeragtige blare wat in pare voorkom en wit blomme aan die punte van blaarlose takkies. Die blomme verskyn van November tot Februarie. Die vrugte is ovaalvormig en persswart. Die wortels is gebruik as teengif vir slangbyt.

Bronne[wysig | wysig bron]