Edelvalk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Edelvalk
Volwasse Falco biarmicus feldeggi.
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Falconiformes
Familie: Falconidae
Genus: Falco
Subgenus: Hierofalco
Spesie: F. biarmicus
Binomiale naam
Falco biarmicus
Temminck, 1825

Die Edelvalk (Falco biarmicus) is 'n roofvoël in die familie Falconidae. Die wetenskaplike naam biarmicus kan vertaal word as "twee keer bewapen". Dit verwys na die skerp punte op die edelvalk se snawel. Die edelvalk is 'n groot valk, ongeveer 43–50 cm lank met 'n vlerkspan van 95–105 cm. Die Europese edelvalke (Falco biarmicus feldeggi) het 'n leiklip- of bruingrys rugkant. Die meeste edelvalke in Afrika het 'n ligter blougrys rug. Die geslagte lyk eenders maar die onvolwasse edelvalke is bruiner van kleur.

Die edelvalk kom meestal in bergdele, woestyne en grasvlaktes voor. Dit vermy woudagtige gedeeltes. Die edelvalk jag in 'n horisontale vlugpad, in teenstelling met die Swerfvalk wat in 'n duikvlug jag. Die edelvalk neem sy prooi (meestal voëls) in die vlug. Dit lê 3-4 eiers op 'n kranslys of soms in 'n ou stoknes in 'n boom.

Hulle word suksesvol in gevangenskap geteel waar verbastering met die swerfvalk soms voorkom.

Subspesies[wysig | wysig bron]

  • Falco biarmicus abyssinicus
  • Falco biarmicus biarmicus
  • Falco biarmicus erlangeri
  • Falco biarmicus feldeggii
  • Falco biarmicus tanypterus

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. BirdLife International (2012). "Falco biarmicus". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 10 November 2012. 

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]