Europese swael

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Europese swael
European subspecies
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Passeriformes
Familie: Hirundinidae
Genus: Hirundo
Spesie: H. rustica
Binomiale naam
Hirundo rustica
Linnaeus, 1758
Hirundo rustica

Die Europese Swael (Hirundo rustica) is 'n klein trekvoël en die wydsverspreide swael in die wêreld.[1]

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Hy word aan sy donker ken en keel uitgeken; by voëls wat verveer (van November tot Januarie) ontbreek die roesrooi ken en lang stertwimpels dikwels. Jonges word algemeen tydens Oktober tot Desember waargeneem.

Die voëls word tot 18 cm groot.

Habitat[wysig | wysig bron]

Tydens die somer is hulle die algemeenste swaels en in vlug meng hulle vryelik met ander swaels en windswaels oor feitlik alle habitats. Groot swerms kom saam om in rietplate te oornag.

Verspreiding[wysig | wysig bron]

Swaels van die Europese ras trek gedurende die lente noordwaarts na hulle broeiareas in Europa, so ver noord soos die arktiese sirkel. Hulle oorwinter in Afrika.

Geluid[wysig | wysig bron]

Swerms kwetter saggies, veral as hulle sit.

Ander name[wysig | wysig bron]

  • Wetenskaplike naam: Hirundo rustica
  • Engelse naam: Barn Swallow / European Swallow
  • Duitse naam: Rauchschwalbe
  • Nederlandse naam: Boerenzwaluw

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronnelys[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Turner, Angela K; Rose, Chris (1989). Swallows & martins: an identification guide and handbook. Boston: Houghton Mifflin. ISBN 0-395-51174-7.  p164–169