Falmer-stadion

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Falmer-stadion
Falmer Stadium - night.jpg
Nagaansig van die stadion

Bynaam Die Amex
Volle naam American Express Gemeenskapstadion
Ligging Falmer, Brighton, Engeland
Koördinate 50°51′42.56″N 0°4′59.80″W / 50.8618222°N 0.0832778°W / 50.8618222; -0.0832778Koördinate: 50°51′42.56″N 0°4′59.80″W / 50.8618222°N 0.0832778°W / 50.8618222; -0.0832778
Eienaar Brighton & Hove Albion
Operateur Brighton & Hove Albion
Kapasiteit 30 750
Oppervlak Gras
Konstruksie
Gebou Desember 2008
Geopen Julie 2011
Uitgebrei 2012, 2013
Boukoste ₤93 miljoen
Argitek KSS Ontwerpgroep
Hoofkontrakteurs Buckinghamgroep
Huurders
Brighton & Hove Albion F.C.

Falmer-stadion (ook bekend as American Express Gemeenskapstadion of Die Amex weens borgskapredes) is ’n sokkerstadion naby Falmer in Brighton en Hove, Engeland met sitplek vir 30 750 mense. Dit is die tuisveld van Brighton & Hove Albion. Die stadion is op 31 Mei 2011 aan die eienaars oorhandig. Die eerste wedstryd wat in die stadion gespeel is, was die laaste seisoenwedstryd van die Sussex Seniorbeker van die 2010-’11 tussen Brighton en Eastbourne Borough op 16 Julie 2011.[1]

In September 2015 is twee wedstryde van die Rugbywêreldbeker 2015 in die stadion gespeel.[2] As oefenlopie voor die wêreldbeker is die wedstryd tussen die o/20-spanne van Frankryk en Engeland, as deel van die Sesnasies o/20-kampioenskap in die stadion gespeel.

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Wedstryde[wysig | wysig bron]

Rugbywêreldbeker 2015[wysig | wysig bron]

Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 2015.
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
19 September 2015 16:45 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 32–34 Vlag van Japan Japan Groep B 29 290
20 September 2015 12:00 Vlag van Samoa Samoa 25–16 Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State Groep B 29 178

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Sussex FA”. URL besoek op 31 Mei 2011.
  2. (en) "Olimpiese stadion bevestik op Rugbywêreldbeker 2015-kortlys". BBC Sport. 8 Oktober 2012. Besoek op 9 Oktober 2012. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]