Kingsholm-stadion
Kingsholm-stadion | ||
’n Uitsig oor Kingsholm soos vanaf Gloucester-katedraal
| ||
Bynaam | Castle Grim | |
---|---|---|
Ligging | Gloucester, Engeland | |
Koördinate | 51°52′18″N 2°14′34″W / 51.87167°N 2.24278°W | |
Eienaar | Gloucester Rugby | |
Kapasiteit | 16 500 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | 1891 | |
Geopen | 1891 | |
Huurders | ||
Gloucester Rugby |
Kingsholm-stadion is ’n rugbystadion in Gloucester, Engeland, met sitplek vir 16 500 mense. Die stadion is die tuisveld van Gloucester Rugby en het die bynaam ‘Castle Grim’ na aanleiding van die landgoed waarop die stadion gebou is. Die nuwe hoofpawiljoen wat in 2007 geopen is, het sitplek vir 7 500 aan die suidekant van die speelveld.
Kingsholm is as Engeland se tuisveld gebruik voordat die span na Twickenham geskuif het. ’n Poelwedstryd tussen die VSA en Nieu-Seeland is tydens die Rugbywêreldbeker 1991 hier gespeel.
Soortgelyk aan die velde van talle professionele Engelse Rugbyklubs het Kingsholm staanpawiljoene. Die noordelike pawiljoen is so ’n area en staan as ‘die Skuur’ bekend. Dit strek vir die lengte van die speelveld en kan ongeveer 4 000 mense vat. Die Skuur is in rugbykringe bekend vir sy nabyheid aan die veld en die lae dak oor die pawiljoen. Die westelike pawiljoen kan ongeveer 2 000 mense vat.
Die oostelike paviljoen het slegs sitplekke en lê aan Kingsholmweg. Ongeveer 3 000 mense kan daar sit.
Rugbywedstryde
[wysig | wysig bron]Lys van internasionale rugbywedstryde by Kingsholm-stadion | ||||
---|---|---|---|---|
Datum | Span 1 | Telling | Span 2 | Notas |
6 Januarie 1900 | Engeland | 3–13 | Wallis | Home Nations Championship 1900 |
8 Oktober 1991 | Nieu-Seeland | 46–6 | Verenigde State | Rugbywêreldbeker 1991 |
27 Mei 2008 | Ierland | 39–14 | Britse Barbarians | onbeperkte wedstryd |
15 November 2014 | Tonga | 40–12 | Verenigde State | 2014 eindjaarrugbytoetsreeks |
5 September 2015 | Japan | 13–10 | Georgië | Rugbywêreldbeker warm-op[1] |
19 September 2015 | Georgië | 17–10 | Tonga | Rugbywêreldbeker 2015 |
23 September 2015 | Skotland | 45–10 | Japan | |
25 September 2015 | Argentinië | 54–9 | Georgië | |
11 Oktober 2015 | Verenigde State | 18–28 | Japan |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Rugby World Cup: Gloucester's Kingsholm passes Japan vs Georgia test". ESPN (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Junie 2018. Besoek op 26 November 2015.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kingsholm-stadion.